~ Daardie nag (2) ~
goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou,
hoe nou gemaak om ‘n nag uit my hart te wis, want
nouse nagte is dit altyd dag oral om my, dag hele dag
en nagtyd dag maar hier binne, hier diep binne my bly
dit nag, ‘n eindelose nag en al wat ek nou raaksien is
bloedbelope kerse maar hulle is waksvoet gesmelt oor
daardie nag se tafelblad en die wierook se as grys alte
fyn in ‘n urn van glas, en musiek, wonderskone musiek
hang nou soos ouvrou hare iewers tussen blare in ‘n
ruimte tussen hemel en aarde in ‘n eindelose nag in
my, god weet altyd binne my, in ‘n nag wat nooit as te
nimmer einde kry want ek en jy was bymekaar en jy
was oral daar en nou maande later wonder ek deur
goue newels van paljas, hoe wis ek ‘n eindelose nag.
© 2011 Almarie Truter
5 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
En so het elke donker nag more weer goue sonskyn.
-
Koekekranka
Hier lees ek geestelike pyn (Dalk selfverwyt!) Baie goed bewerk, my kind.
-
Cornien
"Jislaaik" Ammie Moon jy kan dit darem doen, baie besonderse gedig. So beskrywend, ek sien alles voor my geestes oog, baie diep, moeg vir die emosionele nag. Puik geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek