Smekend om Lig
‘n Christelike gedig na die Ambrosiaanse cantus Antiphona post Evangelium. O, my God, hoe weet U wanneer om te antwoord? uit die diepe donker smeek my siel om Lig maar ek kry geen antwoord. mag ek – vleesomhulde siel – dit vra? hoop vervaag. alles word tot nag om my – vriende, vriendskap en liefde […]
HEDE
HEDE Is jou toekoms uitsigloos, met niks wat vreugde bied? Jou gister net ‘n skim, met sond’ en smart wat knel? Kom wend jou dan na Jesus. Gryp Hom vas met al jou mag, en leef in d’ hede – saam met Hom!
Fluweel gordyne
Agter toegetrekte fluweelgordyne Oorspronklike skilderye wat hang Tree vir tree oor persiese tapyt Goue raam om die massiewe spieel My eie gestalte omring met weelde Alles in oormaat met smaak geplaas Antieke meublemente perfek op plek Elke ornament met die hand gekies Elke foto van kinders groot en klein skitter nou in afwesigheid uit silver […]
Dis die Dood wat Lente bring
Met die uitgang van my dag kom ek staan in bewondering oor die waasbleekmaan wat druip bo die son wat dyend sterf in sagter kleur van aangeslane goud en my siel en gees word skielik koud soos die wegslaanasem van winter as sonnestrale oor verre rante splinter. Tog: Ek weet, uit draaiing van seiesoen, dat […]
Vra my dit
Vra my nie my verdraagsaamheid – dis in ‘n put gedompel na ’n vreedsame land se helse verdeeldheid Vra my nie my geduld en hoop – dit het verlore geraak want ek is totaal kaal van menswees gestroop Vra my nie my skatte wat blink – krummels word gevreet neffens kerkmuis in spleet want die […]
Episode vier: In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding
Die dae was skynbaar goed; die kalmte en wyn soet … Teen die einde van my derdejaar het wat eens ’n “surfer-image” jongman was, verander na ’n besige belangrike en ge-agte rolspeler in die studentelewe koekon. Die Nissan het plekgemaak vir ’n amper nuwe 3-reeks BMW met sy eie Baie Belangrike Parkeerplek op kampus. Teen […]
Op die asem van ‘n Pinksterwind
waar Pinksterwinde in lank vergete doringskrif vergifnisbriewe oor die aarde skryf hier waar sonde so welig bloei seerkry-wonde om genesing stoei as daglig dan skaam verby beloftewolke loer om stuitig vir die son te koer staar ons met splinteroë deur gebroke rame sien slegs ‘n spieëlbeeld van eie ego (in lasuurblou) vir dit – wat […]
Droogte
Van Blinkpan se kant dwarrel die stank van gevrekte skilpad en vis want sy fonteine lê droog en sy bronne verdor in gloeiheet se sis. En die sonbesies se skril het ook lankal verstil, verstik in stuifsand wat bar, aried reën-arm sandhose vir nog meer dorheid verpand… O, God, sal ooit ‘n swanger wolk teen […]
Sneeuwit Teen Swart en Droef
Swart en droef loer hy oor die rant van vals geluk as Skoppensboer wat slobber in sy haat en hoon met vermeende mag oor God se Liefde onbesmet want lankal reeds het hy met jaloesie se roesigheid gelê en sinister met nyd gewag vir Wie die Hemel om hom heen sou priem maar sneeuwit het […]
Die Kerkhof
Dit is rustig, dit is stil, ewig-presies volgens God se wil, lees in die begraafplaas se lang kerkhofboom, die inskripsie: Hier rus alles goed en mooi en vroom. En tot ontvlesing onder ou grafsteendatums vreet, as ewige ultimatums die wurms van die marmerhof, siel na siel se stringe DNA-stof. Tot eendag, as engelevlerke die lug […]