Jongste aktiwiteit:

Fluweel gordyne

Agter toegetrekte fluweelgordyne
Oorspronklike skilderye wat hang
Tree vir tree oor persiese tapyt
Goue raam om die massiewe spieel
My eie gestalte omring met weelde
Alles in oormaat met smaak geplaas
Antieke meublemente perfek op plek
Elke ornament met die hand gekies
Elke foto van kinders groot en klein
skitter nou in afwesigheid uit silver raam
‘n lewe het verby gegaan tog is niemand nog bewus
Van die eensaamheid wat in hierdie kamer rus
Kontrasteer met al die gesigte op die kas

Soos ek nader aan jou kom
Verwurg die waarheid my
Absoluut intense pynlike realiteit
Verbrokkel die toneel
Die weelde raak skerp kloue
Gevangene in jou eie huis deur trots

Hoe lank is jy al hier vasgevang
Hoe lank wou jy nog hier wegkruip
In hierdie tronk van die dood
Toegesluit van alle lewe
Net jy en hierdie weelde

Ek loer na jou met trane in my oë
Jy loer na my in skaamte
So verneder en ontbloot
Gestroop en kaal van enige besit

Oud word is tog nie ‘n skande
Hoekom kruip jy weg vir helpende hande
Dierbare Tante het jy dan nie geweet
Almal het nie van jou vergeet

As jy sal vergeet van al hierdie weelde
En die waarde daarvan laat gaan
Sal jy waarde heg aan lewe
En met alles wat jy het aankleef
Nie wag vir die laaste asem
Maar veg tot met die dood

Lewe is kosbaar, koester dit.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed