Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]
kern gedagte
– ragfyn loop dit deur die jare deur die geslagte van die Vader vorm dit dié boodskap van alles wat moeite werd is om te onthou wat sou ons daarsonder kon wees waarmee sou ons kon bou in vlees sou ons die regte pad kon volg nie afdraai en verlore raak stellig nie, dalk heeltemal […]
Kersgeskenk …
Mag ek vir jou ‘n ster vang en heel bo aan my kersboom hang? ek wil ook graag vir jou ‘n geskenk stuur sal dit mooi sorgvuldig toedraai in kerspapier en onder die kersboom sit en spesiaal aan jou dink. Dit sal nie ‘n geskenk wees wat ek by ‘n winkel koop nee, dit sal […]
groepe
– sosiale media is soos die deining van die see dit trek in en uit volgens die maan se wendinge om ons aarde soms is dit spring gety en soms laagwater afhangende van die volumes water wat met swaartekrag wil beweeg aktuele nuus wat aandag trek sensasie skep mense laat bewe van vrees – ©Teãrlach
see, son en saffier
– my see lê vol skuite van ver af wink die seile gesiggies in die ruite – oor die sand kom sy aan die kleure van paradys-voël oos-wes van langebaan – branders breek al om ons die wind sleur my siel saam kykies en gytjies bon-bons – dit is weer desember die son braai wit […]
grootheid
– die emosie daarvan grootse oomblikke van liefde klein kindertjies trippel van pret afwagtende handjies uitgestrek na Hom wat vrede gaan bring treur soos in trane en smart word verander in vreugde in vrolike liedere van eer ere aan Hom wat leef wat vrede bring in elke hart – ©Teãrlach
watter koning
– in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld leef ons onder die koningskap van die ewige Koning die Koning van alle konings – selfs in tye van nood is ons nie bevrees nie want Hy is altyd met ons leef onder Sy leiding Sy voorsiening Sy Koningskap – ©Teãrlach
Die God van Wonderwerke
Hy is die God van genade Hy is die God van liefde Hy is die God van vrede Hy is die God van voorsienning Hy is die God van oorwinning Hy is die God van vreugde Hy is die God van geleenthede Hy is die God van vertroosting Hy is die God van kalmte Hy […]