Jongste aktiwiteit:

see, son en saffier


my see lê vol skuite
van ver af wink die seile
gesiggies in die ruite

oor die sand kom sy aan
die kleure van paradys-voël
oos-wes van langebaan

branders breek al om ons
die wind sleur my siel saam
kykies en gytjies bon-bons

dit is weer desember
die son braai wit els uit sand
velle verbruin somber

ouderdom word onsin
geslagte lank breek dit aan
verliefdheid wil versin

alles wat mooi is, is nie rooi
staan vroeg op uit die knusse kooi
alles wat rooi is, is nie mooi

toekoms lyk maar duister
kop-in-die-sand sleep skape voort
die wat oor verlede fluister

jeug en alles wat daarin is
vervrolik die lewens patroon
selfs die kromme oom vis

aanstons val sand op die kis
waar begrafnis boompies belyn
waar oudstes hul reste laat rus

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak