Vibrasies
vibrasies roer my siel
in stille verootmoed’ging
getref met vernuwe besef
wat my omgloed
– vir ons gebore en tog ons nie beskore
‘n Ligtoring wat vrede skyn
om hierdie donker eeu te red
met liefde, genade en seën
wat daagliks in mildelike oorvloed
onvoorwaardelik oor elke siel neerreën
vibrasies roer my siel
as ek in die skadu van ‘n kruis kom kniel
en vreugde opnuut fontein
‘n redder het verrys vanuit dood se strop
– vir ons geoffer en tog ons nie beskore
ons Lig, Vredegewer ons is verlos
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.