Volla sonder spoed
die steilte styl verwoed
toe ek in die volla truspieël blik
onder my hand se greep
krap ratte klik-klikke-klik
my senuwee en spiere spring
met meer boksprong
as my tjor se spoegspat klim
die enjin swoeg ‘n hyg geploeg
met oorverhit se kwylstroom spoeg
stol daai enjin bo-op die bult…
die klok slaan twaalf,
tyd vlieg verdwaald
die laaste pylvak uit
want nog ‘n jaar
het ons sowaar
in swaarsug moeg kom groet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek