LEEF LIG HIERDIE SOMER (Brons)
Met die aanbreek van ‘n nuwe seisoen is daar altyd so ‘n afwagting in die lug, veral na die winter. Die afgelope winter was, soos alle voriges, maar koud en dood vir die meeste. Maar … 2020 se winter het eise gestel bo almal se verwagting. Tog is daar mense wat floreer in die winter. […]
Die aandlied roep
saggies neurie sy ‘n lied die onthou van gisters so vars wanneer sy tuur deur die venster oor die plaas heen soete gedagtes onthou sy hope van grondboontjie lande koringare so deur vingers geglip waar die stroom water eens was lê nou net n droë paadjie geroes staan hy daar by die dam die ou […]
Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê toe ons saam onder die sterre lê … die knusheid van ons samesyn broei herinnering in my gemoed van soel somersdae se luilekker ontspan op die stoep oor jare het ons vermeerder ‘n kroos van drie plus sewe vrolike familiekuiers om die kerstafel met kinderlag besprinkel ons lewe vir niks […]
Oupa pa en die denneboom Silwer (699 woorde)
Vir die wat my nie ken nie, ek het ‘n groot fobie. Daardie vet boepens mannetjie met die rooi jas en die paashaas. Nee, nie ‘n fobie nie, ‘n renons. Elke haartjie in my nek vlieg penorent wanneer daardie twee dit in my rigting waag. “Wyk satan, terug warmplek toe met jou.” Ek besweer hulle […]
Eggo’s in rooi
waar verpletterende klanke in doodse stilte weergalm eggo lapmure verdoemend onder die kletterklanke van onsigbare braille letters verlorenheid word teen haar siel afgeets as woordswepe met doringdraad gevleg word staan sy moedverlore agter bloedrooi lyne van mensgemaakte gordyne waar sy vir uitkoms veg dit is dan die donker stilte van ‘n onregverdige lewe wat haar […]
My Gebed vir ‘n Boer
PROJEK : GEBEDEBOEK VIR BOERE Hierdie projek het ten doel om die belangrikheid van die boer te beklemtoon en terselfdertyd fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die idee van die gebedeboek moet die boodskap dra dat die inwoners van Suid-Afrika omgee vir die boere en besorg is oor hul veiligheid. Die tema vir […]
STILDORS (goud)
Ek pluk ‘n vrug iets soos ‘n apple of ‘n vy ryp en groen net vir my en gee dit vir jou ek kyk hoe gulsig jy eet oorhonger en vraatsig – verslind jy alles tussen jou vingers dit maak my mal jy is honger en ek * ewig dors maar jou lus stil […]
Vuurtoring se roep na die spoke strand
Vuurtoring se roep na die spoke strand deur Letitia Sachse-Mienie Brons Die vuurtoring se lig wat my veiligheid moet verseker lei my vanaand na verwoesting. Golwe dans in die skemer op die noot van my verlange. Ver oor die horison sien ek jou lig wat my roep na die strand van spoke. Die wind suis […]
Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]