Ek onthou.
… en ek onthou hoe jou hand geproe het vasgebind aan die hospitaalbed toe ek dit die laaste keer gesoen het toe ek jou vir die laaste keer vertel het hoe baie lief ek jou het. … en ek onthou hoe dit gevoel het die laaste keer toe jy my hand gedruk het toe jy […]
Anker
Jy het my siel kaal gestroop, my ontneem van alle hoop en met jou koue voete my binneste gekneus. Ek het gewaag en die deur oopgemaak, om jou en die woord liefde binne te laat, maar toe stamp jy die deur weer in my gesig toe. Sukkelend probeer ek die deur weer oopmaak, maar jou […]
Verwisseling
Toe die Môrester vir die Suiderkruis waai en die Haan die oggend wakker kraai het ek my spore in ‘n nuwe woud getrap omdat die hekke van my oubuurt eensaam krap en kraak onder die gewig van die woorde “Hierdie Woordbuurt is nou gesluit. Agt jaar van jou lewe vee ons nou uit” © Zymrly […]
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]
Die onsterflikes
met jou tyd wat uitloop met my hart so stukkend hoe kan ek aanhou praat af en toe probeer lag “speel” dat ek nog wil leef dank die Here ons God jou plegtige belofte om – weliswaar onsigbaar – altyd naby my te bly laat my weer na asem gryp © Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016
Afgevalle roosboomblare …
in afgevalle roosboomblare lê alleenheid afgeëts niemand wat hul geur meer inasem of hul mooiheid in woorde skets soos die afgevalle roosboomblare voel my menswees sonder jou geen warm liefde wat oor my straal of sagte hande wat my hart omvou
Ek dink, miskien is dit dalk nou tyd vir HOOP.
Daar is iets anders binne my binne die seer wat ek kry wanneer ek aan jou dink. Dis, sag en lig maar voelbaar bo die seer (al die seer binne my). Ek glimlag (met droë oë) en praat oor jou sonder dat: My hart verkrimp en verder wegsink in al die seer wat ek kry […]