Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek dink, miskien is dit dalk nou tyd vir HOOP.

Deur Anria
Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 Aantal woorde: 67 1019 Kere gelees 29

Daar is iets anders binne my
binne die seer wat ek kry
wanneer ek aan jou dink.

Dis, sag en lig
maar voelbaar bo die seer
(al die seer binne my).

Ek glimlag (met droë oë)
en praat oor jou
sonder dat:

My hart verkrimp
en verder wegsink
in al die seer wat ek kry
wanneer ek onthou
elke oomblike (die passie)
tussen jou
en my.

15/01/2015 © Anria




TEMAS
8 Kommentaar
  1. Viooltjie

    17 Februarie 2016

    En die hoop beskaam nie. Mooi Anria

  2. Desiréé

    17 Februarie 2016

    Ai dis mooi vir my 🙂

  3. Anria

    17 Februarie 2016

    Baie dankie julle.
    Ek het so 5 wat ek gaan plaas wat ek al op FB geplaas het, dan gaan ek my nuwes begin plaas …. ♥

  4. Christo

    17 Februarie 2016

    Goed geskryf Anria. Ek hou van die hoop wat ek kan sien deurskemer in die gedig.

  5. Somerreën

    17 Februarie 2016

    Waar daar hoop is….is daar lewe….en jou woorde lewe altyd diep wanneer ek dit lees. ♥

  6. neels

    18 Februarie 2016

    Anria dit is absoluut pragtig

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 76

Anria Breed is gebore in 1983 en woon tans in Brits. Sy het ’n Nasionale Sertifikaat N6 - Bestuursassistent Diploma met Besigheidsafrikaans. Haar kortverhaal, Die ou Beetle, het die aanlyn Vrouekeur kompetisie gewen in Februarie 2015. In Julie 2015 is drie van haar gedigte gepubliseer in Brose Genade, ’n bundel vir kanker-vegters. Sy het haar debuut digbundel, Volg net die Skoenlappers, in Augustus 2015 gepubliseer. In Januarie 2017 is een van haar gedigte in ’n Nederlandse tydskrif gepubliseer ter ere van die stigting van die nuwe gemeente, Meierijstad in Nederland. In Mei 2017 is haar gedig, Die mooi van die donker, gepubliseer in die digbundel Inkspraak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 83 gaste aanlyn

Bydraes – Argief