Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIG DEUR DIE DONKER

Deur Francois Meyer
Datum gepubliseer: 16 Februarie 2016 Aantal woorde: 42 1284 Kere gelees 28

woorde soos die hemelruim
sonder maan of ster gekleë
vou om my hart vanaand
in stille kerslig atmosfeer

Here, help my in die duister
om deur die donker te dig
en goed in alles wat sleg is,
te sien in U lig




TEMAS
8 Kommentaar
  1. Desiréé

    17 Februarie 2016

    Dis baie mooi vir my

  2. Christo

    17 Februarie 2016

    Eenvoudige, maar treffende gebed.

  3. Clarina

    17 Februarie 2016

    Baie baie mooi

  4. Evelyn van der Merwe

    4 Maart 2016

    Hierdie teenstrydigheid van lig en donker is uitmuntend in hierdie bydrae toegepas. Pragtig.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 13
Kommentaar telling: 33

Francois is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy was ‘n leerling aan die Hoërskool Fichardtpark en sy digkuns is reeds op skool geprys. Hy het in 2019 sy B.A.Hons.-graad in Kreatiewe Skryfkuns cum laude verwerf.   Hy debuteer met Tempora Animus op 19-jarige ouderdom in 2013. Vandaar het hy Onder die Dekmantel (2015), Digtershart (2016), Pendulum (2017) en tydbom (2019) as digbundels vrygestel. Francois is ‘n kampvegter vir lupus en sy prosaboek Die wêreld deur haar oë was vir twee weke die topverkoper op Kobo Books in vyf kategorieë. Hierdie publikasie is ook in Engels vrygestel.   In 2017 word hy as Ink Skryf in Afrikaans se rubriekskrywer van die jaar aangewys en verwerf ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die Jaar. In 2018 ontvang hy ‘n Radio Rosestad Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur.   Sy gedigte Rykdom en Dataverwerking het op die AVBOB Poetry Project-platform in 2018 en 2019 verskyn. Sy gedig Liefde is soos die winter het die top vyftien van LitNet se Liefde is ...-poësiekompetisie behaal.   Francois is 'n selfstandige entrepreneur van beroep en grafiese ontwerp is naas kreatiewe skryfkuns ook een van sy grootste passies. In Januarie 2020 stig hy die platform, Kreatio, ter bevordering van selfpubliserende skrywers en digters se skryfkuns. Hy glo dat dit iets is wat individueel uitgeleef en ontwikkel moet word.   Lees meer by www.francoismeyer.co.za

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 235 gaste aanlyn

Bydraes – Argief