Jongste aktiwiteit:

Soete spys

Het ‘n nuwe resepteboek gekry, ek moet jou dit wys.
Resepte vir hertzoggies en kolwyntjies,
Truffels, fudge en koekies met rosyntjies.
Daai beskuit wat Ouma gemaak het net anys
En ‘n nuwe wafel resep met jogurt of roomys.
Verjaarsdagkoeke, groottes en kleintjies
En ideale peuselhappies vir sjokoladefonteintjies.
My mond water van net kyk na die soete spys.

Gnoeg met die oe geproe, ek voel nou lus om iets te maak.
Sit die oond aan, ek begin solank die panne smeer.
Die mengbakke is daar onder en die bestanddele in die spens.
Onthou die ekstra knypie liefde, dit gee ‘n spesiale smaak.
Sit sommer die ketel ook aan, dan maak ek vir ons tee.
‘N bietjie bak en brou doen wondere vir die siel van ‘n mens.




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed