BY DIE SEE GAAN SOEK NA JOU
Ek het vanoggend by gisteraand se uitspoeg van die see se oorskot goed jou gaan soek en net die afval van die see op die strand ontmoet Ek het tussen die loslopers van die oseaan se weggooigoed beelde van jou in die vlak waterpoele tussen gebreekte skulpies lomp bly soek Ek het vanoggend langs die […]
Dwaas op dwaas
Dom dwase is volop dis in hul spel en praat maar die dwaas van my gedig is van ’n ander aard. Engels is soms beter dit weet ons goed want die fool van liefde se pil is bitter soet. Dis nie liefde wat seermaak nie sê die slim mense gereeld dalk word mense net deesdae […]
Tolbos gedagtes
Krom kartelend op kontoer van snikhete stil woestyn huiwer haar enkel voetspore neffens verbleikte halfmens ook stadig hier aan’ t kwyn Maar ver op die horison wink ‘n spieëlblink oase laat haar tolbosgedagtes lui, huiwerend op hittegolf tornadodraai in ekstase Gister se dryfsand spore deur rukwind toegewaai want geen siel is verlore as sy Skepper […]
Ere aan Amakeia
Op die grens van Kafferland het jy menig’ Amakeia deuntjies in die skitter van die awendster aan die witkind sag geneurie al was sy mamma bitter ver Want daar’s aan haar belowe sonder huiwer, sonder kla toe sy sterwend aan jou vra dat jy die kleine piekanini tot die dood op jou rug sal dra […]
Die droë spasies in asemhaal
Koffie kringe omring van my woorde op die verbleikte papier die blou ink is gesmeer trane vlek al droog dit op daar is dinge in die lewe wat jy net moet verduur soos mense wat stink en mense wat dink hulle is perfek daar is ander harte ook gebreek ek weet die storie word al […]
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie
Ek sou jou kon liefhê
Ek sou jou kon liefhê Ek sou jou kon liefhê was jou voetspore witter en die dou op jou hande het nie bloedrooi geskitter Ek sou jou kon liefhê was jou woord maar jou eer nou sweef dit dof, doelloos tussen alma mater leuens in die ver buitenste sfeer Ek sou jou kon liefhê was […]
Jy het nie huis toe gekom …
verlate sit ek vanaand met my voete in die sand die branders hou my geselskap ‘n seester in my hand in die verte brand die liggies van ‘n deinende tjokkaboot van hier so klein en amper fyn mens sou nie sê dis 6-man groot deur my vingers loop korrels sand soos die tyd deur ‘n […]
Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart. (Amper soos die spoke in daai cliché Kersfees-stories.) En as ek moet begin sal ek sal begin by die verlede my verlede op die warm strand met spierwit sand wat jou voete brand. Daar waar die water warm is en die bome skaars is. Die strand waar al […]
Droë blare binne my.
Ek dink ek moet ’n vuurtjie maak. Nee, nie vir braai nie ook nie om my te help ontslae raak van die ontydige klouende koue binne my nie maar om die droë blare in my tuin te brand. Droë blare binne my. Droë blare wat al die geheime seer en al die geheime kwaad wat […]