Jongste aktiwiteit:

Tolbos gedagtes

woestyn

Krom kartelend op kontoer
van snikhete stil woestyn
huiwer haar enkel voetspore
neffens verbleikte halfmens
ook stadig hier aan’ t kwyn

Maar ver op die horison
wink ‘n spieëlblink oase
laat haar tolbosgedagtes
lui, huiwerend op hittegolf
tornadodraai in ekstase

Gister se dryfsand spore
deur rukwind toegewaai
want geen siel is verlore
as sy Skepper se oase
borrelend Koningkraai




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed