KATELYN SE LULLABY
Ek vang vir jou ‘n sterretjie my kind
bind hom toe in ‘n moskombersie
en sit hom langs jou kussing neer
Ek steel vir jou ‘n wit ster-stert
en hang hom aan ‘n reënbogie
bokant jou seegras bedjie vir die aand
Ek onderhandel met die maan
‘n straaltjie om te leen
deur die gleufie in jou vensterraam
Ek verlei die vuurvliegies met ‘n nektaarblom
om klein sterretjies teen jou kamermuur te ets
… ek vang vir jou ‘n sterretjie my kind
en vou hom in jou handjies toe
vir jou om teen jou vas te hou
tot môre toe
8 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Jy skets die prentjie voorwaar meesterlik vir die geestes-oog. So neurie ek dit in gedagtes saam. Welgedaan.
-
borrels
Kosbaar ...
-
Anze
dis die mooiste mooi...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
dit is nogal n werkie wat mens se aandag boei