LEEF LIG HIERDIE SOMER (Brons)
Met die aanbreek van ‘n nuwe seisoen is daar altyd so ‘n afwagting in die lug, veral na die winter. Die afgelope winter was, soos alle voriges, maar koud en dood vir die meeste. Maar … 2020 se winter het eise gestel bo almal se verwagting. Tog is daar mense wat floreer in die winter. […]
seer
. seer sekerlik waai die wind vandag gister was dit ook so, en môre weer maar dit is soos die lewe wat ek leef elke dag het sy verwagte winde daarmee saam kom die reën al is dit buite seisoen maar dit bring seën gister se trane teen vandag se reën maak môre oop in […]
Desember Haiku Silwer
Liggies flikkerblink bont almal dra geskenke aan dit is kersseisoen
My Gebed vir ‘n Boer
PROJEK : GEBEDEBOEK VIR BOERE Hierdie projek het ten doel om die belangrikheid van die boer te beklemtoon en terselfdertyd fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die idee van die gebedeboek moet die boodskap dra dat die inwoners van Suid-Afrika omgee vir die boere en besorg is oor hul veiligheid. Die tema vir […]
STILDORS (goud)
Ek pluk ‘n vrug iets soos ‘n apple of ‘n vy ryp en groen net vir my en gee dit vir jou ek kyk hoe gulsig jy eet oorhonger en vraatsig – verslind jy alles tussen jou vingers dit maak my mal jy is honger en ek * ewig dors maar jou lus stil […]
Soos die see (goud)
Moenie weer woorde oor my gooi of jou asem stadig teen my afblaas nie want hier by die see moes ek alles vir jou gee die wind in my hare die strand op die wand van my hart ‒ selfs die sandbank in my siel alles moes ek net so vir jou gee my skulpies […]
Vuurtoring se roep na die spoke strand
Vuurtoring se roep na die spoke strand deur Letitia Sachse-Mienie Brons Die vuurtoring se lig wat my veiligheid moet verseker lei my vanaand na verwoesting. Golwe dans in die skemer op die noot van my verlange. Ver oor die horison sien ek jou lig wat my roep na die strand van spoke. Die wind suis […]
Dryfhout uit die stormsee – Silwer
uitgespoeg op korrelsand weerloos teen die son dor verbrand alleen moeg geveg teen die klotsing op die rotse en die strand dryfhout nikswerd stukkende mens tog kan daar met aandag uit ‘n kunstenaar se hand ‘n liefdesoffer genereer sal die uitspoel weggooi dryfhout in nuutskepping floreer
Swart Gedagtes
ander gedagtes beklad die eie tot dit verdwyn in swart. laat agter die swart honde wat modder skud vervorm dit in klei potte. versmelt alles in wit lig wat deur krake beur en swart verlig in ń kleure prag.
Domein
storms in die lewe laat my blindelings rondtas wanneer als uitrafel en leed my siel belas dan kleim ek my domein perk my grense in roep hulpsoekend na bo vir uitkoms vir ʼn nuwe begin ©Driekie Grobler (2020)