Op dowe ore
hoor, hoor! swaardswaaiers ons wêreld se kinders ween – bloed aan jul hande © Carma Shaw 25 Maart 2017
Huppel-kind
my huppel-kind kind van my gees wat was en sal wees blinkend ster wink van ver kwiksilwertjie jy vlindertjie vry snoesige katjie koketterige platjie weerbarstige watertjie wat babbel en skatertjie kabbel oor klippies dogtertjie, my dogtertjie met valletjies en strikkies laggies en drukkies ag as jy maar net kon bly maar ‘n engelvlerk het op […]
Laat jou weg aan die Here oor (Ps 37)
My kind moenie bang wees nie vertrou op die Here Hy is jou redder jou toevlug in moeilike tye sal Hy jou help Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die middagson skuil in die skadu van Sy hand hou vas aan Sy woord Hy sal jou beskerm doen wat reg is wandel in Sy […]
God se kind
Die mense het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak. Die dissipels het gesien wat aangaan, en die mense voor stok gekry. Jesus het egter die kindertjies nadergeroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense […]
My linkerhand-kind
my kind, jy sê jy wens dat jy my linkerhand-kind my regterhand was wat fyn en raak kan vat klere maak waaroor almal O… en A… gebak voorsit by die kerkbasaar maar jy voel jy laat alles val jy is nie eers ‘n ma wat lewe in jou dra tog my kind is jou lewe […]
My meisiekind
jou mooi siel weerkaats in diep poele water in die woestyn is ons my oase uit jou oë put ons krag dag vir dag bring jy koel lafenis vir al wat seerkry mens en dier is jy bring ons na oases wat heel dit wat jy het word met ander gedeel uit die diep poele […]
Kind van klei
my kind van klei binne Gods genade kon ek jou na Sy beeld brei geseënd was ek om te kon werk aan Sy kosbare skeppings-taak nou is jy groot moet jy jou eie pad loop kan ek jou net in gebed opdra verwonder en verwond sal jy menigmaal voor jou eie kruispad staan my kind… […]
NA DIE MOORD
Na die MOORD In die groot sitkamer van die herehuis op die landgoed Beatitúde kom die gesinslede stadig, een na die ander, ingedrentel, sommige ontspand, sommige senuweeagtig. Die inspekteur staan in die dubbelglasdeur en kyk oor die teras op die goudrooie landskap uit. Hy geniet die vars môrelug op hierdie stralende Herfssondag. Momenteel lyk alles […]
Hartedief
my seuntjielief hartedief met jou karnalliestreke jou soet en stoutighede met suikerbeksoentjies kousies en skoentjies jou kettie in jou sak het jy sak en pak met kuiltjies en laggies o so saggies voor ek my kon kry diep binne in my hart kom bly hier het ek vir jou ‘n vesting gebou teen wind en […]
Nuwe begin
so het ek jou gedroom, gewens dat jy moes kom jou donshaartjies teen my wang jou mondjie soekend teen my bors jou lyfie styf teen my voel alles so bekend kreukel-voetjies wat vêr paaie moet loop vingertjies wat om myne krul en ogies wat opkyk na my noudat jy hier is buite jou beskermde wand […]