Die stilte in jou plek
Ek mis die musiek uit jou kamer wat so knaend kon pla Ek mis dit om soggens vir jou koffie aan te dra Waar ons dit onder die wurgvy op die tuinbankie drink terwyl ons luister na die voëltjies en kyk hoe die son deur die blare blink. Ek mis hoe jou lag deur die […]
Drome
jou gebroke oë kyk na bo geknakte kind vasgevang sal jy ooit weer kan glo vir jou wil ek ‘n karos van die sagste sydraad brei waaronder ek jou kan toedek en beskerm keer dat nuuskierige oë jou in repies sny jy my kind… wat grootoog wonders in alles kon vind vir jou wil ek […]
Rosyntjie moedertjie
rosyntjie moedertjie ‘n loot ingeënt In die Ware Wynstok Jou dartel geknip deur seerkry druiwekorrel van stingel geskei is sy gesuiwer deur God se pars gedruk tot helende sap helende hande hemelse geloof nederig in die grootheid van haar Maker was sy my ma vir my
Soos goeie wyn
ma, jy het ons kleintyd geleer om soos jy goeie wyn te wees nooit ons herkoms te ontken nie ons sterk tradisie te bly eer te weet ons is uit goeie stok voortgebring onopgesmuk, pretensieloos met karakter en integriteit goed gebalanseerd te wees vrug-hout-kombinasie goed geïntegreer hout nie te hard en vrug nie te sag […]
Die DAME SHONAGON se KOPKUSSINGBOEK
Die Dame Shonagon se Kopkussingboek Die Keiser het die Keiserin in haar kamervlug besoek, en sy diener het agter hom aan ‘n stapel papier gedra. Dit was ‘n swaar las en het bestaan uit ‘n pak vars nuwe bloeiselwit papier wat ‘n ambassadeur hom as aantreegeskenk gebring het. „Majesteit,” het hy gesê, „Skattie, ek het […]
Prinses van vêr
deur vensters van onthou sien ek jou nou prinsessie fyn saam met jou het jy gebring stories van betowering van paleise as wonings sprokies-tonele prinsesse en konings nou is jy weg kom nooit weer prinsessie klein net ‘n refrein van lewe, lag en pyn iewers langs ‘n verre strand prinsessie-rok om jou gesprei stap jy […]
Feetjieland
ons praat met mekaar nog net deur stories van prinse en prinsesse en hul glories paleise as wonings koninginne en konings ‘n ridder wat veg teen ‘n draak is dit al wat nog saak maak? ons lag net saam oor legendes van dom rowerbendes dwerge en reuse worse aan neuse Uilspieël se streke verkeerd-om-weke maar […]
Voorreg van vryheid
Bloeiseltjie bekroon slapies sag leer glo en lag pasgebore vry
Loop-pop
my loop-pop het gebreek iets is binne in verkeerd sy kan nog huil maar nie meer lag net huil huil huil haar ogies is nog helder blou haar lippies rooi en sag maar ‘n monster het haar haartjies afgekou hy lag lag lag die kuiltjie is nog in haar wang maar haar lyfie is uitgeteer […]