Aan Freesia
Soveel as my lieflike hart kon verlang, wil ek blomme in beddinkies vir haar uitplant vérweg saam haar stap op ‘n wydlopige blinkogiespad; hand aan hand. Zebulon Kochk Zebbiekaans (Brons)
Ongetiteld
My skatlief, al was die afskeidneem pynlik na jou enkele heenreis deurklief’ n swerflusvoël die kleurryke lug bowe die blou see se driespelgolwe en steek sy kop onder sy vlerke in. Zebbie
Gloednuut
O’ Goeie Heer, my digtershart borrel nie van kunsontwaardiging nie – weíer om my gloednuutlig onder ‘n koringmaat te verberg die verse sal nooit op my lippe sterf U, my God, onderstreep die soekprentjies in die hoeke van my digtershart gee koesterende hoop, om met welversnede pen liefde te leg met beelde in twíntíg-een-en-twíntíg sal […]
Voertuie
ń Nepal trok kreun onder ń blink vrag van duisende Hindu gode geplak, onder die verroeste raam op voor oorlog bande skree ń moeë masjien oor sy pad. lycra oortrekte manne in multi advertensie hemde soldaat mier gepanser bondel in jaag groepe agter donker mode brille luidrugtig op straat. ek vervoer net myself geen advertensies […]
HEIL DIE LESER (goud)
Ek bewonder mense soos jy wat met oordeel lees asof jy dit self kon skryf jý wat daar sit met jou halfleë mond vol verlossings letters en afgeronde text asof jy weet hoe dit voel om benoud wakker te raak met woorde wat jou aanval * in die stort in die middel van die nag […]
Birth-flower kersfees
Op my blouvlamstoof keteltrom die pot vrugtestoompoeding buite op die feestige eikehouttafel staan die gemengde braaigereg rooi krulversierde primula-rose hang op die kersfeesdisselboom en die doedelsakmelodie van ‘n magdom voëlgeluide kondig die kersliggieryke feestyd vrolik aan
Mensmin is baie
Ek het nie baie nie, het ek vandag weer besef, maar ek kan woorde vir jou omdop sodat jy saam met my op water kan loop dit in my eenvoud raam, terwyl my oë halflyf deur jou siel sink my vingers oor jou kortrib streel verby die sagkant van jou sixpack tot jy snak-snak-snak en […]