Veldiep tot sieldiep
maar jy sien net die flees wat hang aan my been struktuur die keuses, gene en toeval wat my verf en omhul soos ‘n boekband jy kyk teen my oppervlak vas en ek wonder of jy ooit eendag werklik my sal ken en sal sien vir wie ek is in plaas van die idee wat […]
My hart se sprokies wêreld
ek wens ek kon verdrink, voel hoe adrenalien opbou voel hoe my liggaam baklei om te leef baklei vir ‘n skeppie asem voel hoe my hartklop styg en stadig daal ek wens ek kon voel hoe my hart tot ruste kom en my siel tot kalmte bedaar, ek wens ek kon my oë toemaak en […]
Drome oor jou
drome oor jou groet my in plaas van jou, hulle is vriendelik en druk my hart met kosbare liefde kosbare liefde is dit jou siel wat kom kuier by my in die stille sterre nag, is dit ons harte wat steeds in geheim saam wandel vriende wentel soms uitmekaar, sielsmaats bly in mekaar se wentelbaan, […]
Dagdroom sindroom
ek wil praat maar my mond voel swaar en woorde te lig om uit te dra vir die wind wat als weg waai stilte klou aan my stembande, soos klitsgras aan ‘n wolkombers snoesig en warm is die stilte, maar tog is daar ‘n gekrap en prikkel oor iets wat ek self nie verstaan rustigheid […]
Geheg aan God
Sy wat verliefderige blikke na my kant toe werp my hart nés ‘n tikmasjien laat werk met haar staan ek heelwat sterk al maak haar handwerksteek ‘n heuninggraatpatroon steek sy nie ‘n dun naald in die Skepper se oog nie nogstééds met die stik van godsdiens sy eet haar Bybel, haar Brood, haar beskuit neem […]
Sandsketse(silwer)
l y n in die sand hy skugter nie; stok in h a n d verweef hy met sy sporadiese omwenteling in duine wat brand, lyne in die s a n doelgerig- teken ek vir jou Van Gogh se helderblou strepies son ©Morné du Preez.
Optel woorde(silwer)
my bokkie sy wil dans vanaand my bokkie sy wil raas vanaand, my bokkie sy klink nes ek sò ewe ‘n gek; my bokkie sy mag maar bloei haar krale oor my gedates strooi; kom ons mors vanaand oor myse leë witvloer, sy sê moenie te gou sluimer of te vinnig mymer- sit ‘n dotjie […]
oikos
uit openbare wildernis het my huis sy plek gevind op ‘n duin woorde hul oikos gevind waar risiko gulsig verslind die algoritme van my siel ©Teárlach (oikos verwys na huis of blyplek)
Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en saffier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie skeppingsvaardigheid om skoonheid en duursaamheid in blywende woordjuwele te […]