Lorelei
Daar’s ‘n koel wind in haar hart waar sy eenkant op ‘n rots alleen die blougroen vloei en eb en skuim en spat betrag en aanklank vind met elke seerkry bokspring van haar eina-hart. Die lagplooitjies om haar oë ets dieper sodat oudagseer soos weerlig net ‘n oomblik wys en weer verdwyn Sy lig die […]
Ek vlug soms, lief
Ek vlieg soms oor ons land, my lief ‘n enkeling aan’t vlug van hierso tot ‘n verweg plek soos duiwe deur die lug. Ek vlieg soms waar die wolke wit oor berge heen en t’rug so asof ek nie bang is nie soos duiwe deur die lug. My lief, die veld is soms aan’t blom […]
LEIPZIG
LEIPZIG As tiener het ek van ‘n man gelees wat daarvan sou geleef het dat hy aan elke kompetisie met pryse in die koerante, tydskrifte en radio deelgeneem het. In altwee tale, maak nie saak wat die prys was nie. „Een of ander tyd moet mens mos wen,” het hy gesê, „en hoe meer ek […]
Gedissekteerde vlinder
Ek vlinder tussen jou klawernote vanaand en klank jou hartseer melodie onbeskaamd… tot die veraf weemoed met sy klaagsang wegdoof en my regdenkende “ek” onthoof. Laat jou sagte harmonie my sakraal dissekteer, wyl my ontstuimige gemoed tussen note verteer.
Die meisies sing weer
In die truspieël het daar vanoggend ’n skone lied kom speel. Aanvanklik het ek soos gewoonlik die draadloos op die radio-sonder-geld-stasie aangesit en die pad na die ander deel van die dorp, daar waar ons die geldjie verdien, sonder verwagting voortgesit. Maar, toe die ellelange relaas oor die nuwe president en sy bekwaamhede en persoonlike […]
ONDERDEUR DIE REËNBOOG
ONDERDEUR DIE REËNBOOG – ELEEN VAN DEVENTER VORSTER / JEFFREY SMITH VERS 1 STORMS KOM EN DRUPPELS VAL DIE ONSEKERHEID MAAK MY MAL REËN VAL NEER EN WEERLIG SLAAN EK WONDER WAAR KOM DIT VANDAAN EK STAAN IN DIE REËN EN WAG VIR IETS OM MY WEER TE LAAT LAG DIE STORM HET MY NOU […]
verganklikheid
hoe het die magtige golwe geval in een groot verwarrende slag wit skuim strepe wat ontplof laat skuim strepe op strand soos vergesigte in woord so val heersers en konings val leiers en regerings gereeld vallend in kakofoniese chaos-klanke geen musiek kan dit ooit beskryf geen komponis slaag daarin slegs natuur se klavier-orrelis wat reg […]
Die man met die viool
Hy staan soms op die hoek voor die koffiekroeg. Met sy viool. Soms krap-krap hy met die strykstok en ander kere is dit bloot ’n ge-fiddle, maar meeste van die tyd is dit byna onhoorbaar bo die gedruis van die stad. Hy staan klein van gestalte voor die koffiekroeg tussen die ou lendelam tafels en […]
waar woorde
waar woorde nie kan gaan ontmoet jy stille vreugde onthou gedagtes deugde wandel siele in stille laan waar woorde nie kan gaan ontmoet eensaamheid rede onthou gedagtes net vrede wandel siele in stille laan waar woorde nie kan gaan ontmoet lewe sy tweeling onthou gedagtes ontbering wandel siele in stille laan waar woorde nie kan […]
SOEK EK NA JOU
SOEK EK NA JOU vers 1 Soek ek na jou in honderde gehore Sonder jou, is ek heeltemal verlore smag ek so, na jou stem in my ore so is my drome opnuut gebore vers 2 Soek en na jou in honderde gehore sonder jou, is ek heeltemal verlore soek ek na jou, om my […]