‘n tangodroom van Turkye(silwer)
darteldroom my losboswuif dans-dans my woordelyf my voete tango-jango in Turkye in ligbelampde tye soos ‘n noot die pad beduie en akkoorde my laat kantel hou ek ophou wandel, want my hart is ‘n draaikolk my hart is ‘n skemerskelk verlief op ‘n, verlief op ‘n… nes ‘n blom kan hy verwelk psigedelies kwinkeleer- in […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Straat Musikant
groot vervoer brul verby die gekor van karre met duur bril tannies wat vir parkering shop. geel baaitjie wagte hoor straatbos musiek voor rykgat winkels langs huur direkteur kantore. hy speel sy fluit van chinese kwaliteit voor ń afwesige gehoor vir my siel.
Was Liedjie
was die kleedjies fyn stukkies onderklere growwe werks pakke in harmonie. hanger die was op verskeie lengtes, hoogtes in vyf lyne met vier gatte as blad musiek. stryk die was streel elke garring draad bêre in lewenskas as musiek.
Kitaar Maats
ons speel snaar musiek in nature trillende harmonie. glimlag oor sessies tussen vloer en muur gesimfonie is ons in klank. snare snap brue knak gebroke kitare huil, óns naal prik druk sal speel in ewigheid.
Jy Bring Die Mooi
Jy Bring Die Mooi Vers 1: Baie oë kyk jou mis Laat hulle maar oogklappe dra Dis hul verlies as hulle nie kan sien Watse mooi hart jy saam met jou dra Vers 2: Baie gee net een kyk En maak dan hul eie gevolgtrekking Hulle kyk net veldiep En sien nie jou siel raak […]
Voor Die Koebaai
Voor Die Koebaai Vers 1: Ek sit en kuier hier saam met jou Terwyl ek jou hand vashou En ek voel effens blou Ek voel effens blou Vers 2: Ek het so lank gewag vir hierdie dag Om uit die niks op te daag Nou waarom wil ek dan huil Wat is fout met my […]
Rietfontein
Rietfontein Vers 1: Daar is ‘n plek Waar die hart se seer vergaan Waar ‘n kind se vrese spoorloos verdwaal Daar doer in die ou Wes-Transvaal Vers 2: Hierdie plek klitsgras Aan mens se hart ‘n Plek wat die lawaai sus Met ‘n windpomp se draai Koor: Rietfontein, onthou jy my Na al die jare […]
Della
Della Vers 1: Ek het ‘n sussie En sy bly by die see Ek het ‘n sussie Wat haar bes vir ander gee Vers 2: Sy woon in die Kaap ‘n Klipgooi vêr van Tafelberg En soms is dit ‘n berg Verlange raak maar erg Koor 1: Della, ek is dankbaar Vir jou in my […]