‘n Luisterstukkie uit “Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie”
Hallo almal! As jy by die Gala aand was in 2019, het jy alreeds hierdie storie gehoor… maar dis altyd lekker om weer na sulke goed te lusiter! Hierdie video was my prys as Verhaal Skrywer van die Jaar 2018. Ek’s nie seker of die video gaan laai nie, so gaan gerus na YouTube hier: […]
Wie sal verstaan
Opgedra aan my Pa en twee broers Wie sal verstaan Wie sal ooit die hart van ‘n boer verstaan waar hy stadig kyk hoe alles vergaan, met ‘n sware, sinkende, stukkende hart voel hy die natuur en dier se roue smart. Wie sal ooit die traan van ‘n boer verstaan waar hy bewoë knielend voor […]
Memoirs van ‘n hoer se kind
Jou verlede haal jou altyd in “Wat was dit?” skrik Daniël met ‘n slag wakker. Die Kaapse wind waai buite. ‘n Somerswind, sommer so ‘n ongeskikte wind. Alles raas. Die huis se dak kraak, buite in die straat dans ‘n leë koeldrank blikkie vorentoe en agtertoe soos die wind ruk en laat los. Regte dronkmanspassies. […]
Die wens put
Die wens put Die munte val met ‘n plons in die water en sink weg, na ‘n donker duisternis, wat herinner aan die kleur van diep in die nag. ‘n Wêreld wat gedroom moet word om te realiseer. ‘n Wêreld waar dit geluk gaan koop vir ‘n magdom soekers na hoop. Radeloos, moedeloos, bygelowig. Hoop […]
VERLANGE
VERLANGE as die maan so wasig my gelaat afwit so wit so wit net soos my silwer kroon voel ek hoe verlange so saam met asem deur my waai ek neurie sag ‘n liedjie van jare ver ver terug en voel hoe vlerk my voete die wysie ritmies saam ek sluit my oë en wieg […]
Groen Gras
GROEN GRAS die gras lyk groen as die reën dit soen maar wat as droog van son oor die aarde kom die gras lyk mooi in die maan se rooi maar wat as vaal van wind die stingels verslind die gras lyk soet aan die berg se voet maar wat as kou van ryp aan […]
DANS DANS MEISIE
(Brons. 1625 woorde) Annelie kyk stip na die goue bord op die koningsblou tafeldoek. Haar hande is styf inmekaar gevou op haar skoot. Die versoeking is baie groot om nie nou ’n sluk van haar vonkelwyn te vat nie. Nie dat mens hel toe sal gaan as jy onder gebed drink nie, maar sy sal […]
waarnemings
van my sitplek op my duin loer ek oor die skare heen families kom verby en lag duidelik gelukkig met wat hulle het ander stap haastig verby soekend na iets wat hul ontwyk liefdes paartjie wei saggies oor die mooiste strand wat hul ken eensame figure stap en stop tuur na die blou kim oor […]
VEG OF VLUG
VEG OF VLUG “Goeie dôner, Emma, het jy nou wragtag gedink ek gaan jou nie herken nie?” Die woorde galm in haar ore. Sy was dan so seker dat sy dit vanaand sal vryspring. Koue rillings gly op en af met haar rug. Wanneer het dit dan alles so verander? Wie het wanneer haar vrede […]