Onreg kweek verset
wanneer onreg grou flets en saad skiet in brak grond deurskemer bitter belet verwronge denke tot duister verset sonskynspatsels vervaag vars onthou en weeklaag rou die siel se bitter lot met opstand in eensame berou ©Driekie Grobler
AFRIFIKSIE kompetisie 2019 kortlys!
Hallo almal! Ek is so opgewonde om op AFRIFIKSIE se kortlys te wees. Julle kan die kortlys hier sien: http://afrifiksie.com/kompetisies/tot-nou-toe/kompetisie-2019/kortlys-2019/ En dan sommer op die skakel vir “‘n Hoed Vol Geluk” druk om my storie te lees. Onthou om die ander stories ook te lees! Geniet!
STOP EN RUIK DIE TAMATIEBOS
Ek kyk na Herman Lensing. Hy en ‘n gas kook dat die sop spat. Dit bly maar vir my ‘n plesier om te kyk wanneer iemand uit sy/haar hart uit kook. Deesdae voel dit so half vir my kosmaak het sy lekkerte vir my verloor. Dalk is dit maar net omdat die kinders uit die […]
DIE BOEMELAAR BINNE MY
Skatryk. Nee, stinkryk is ‘n beter beskrywing van hom. Hy woon in ‘n posh buurt in ‘n posh huis en ry met ‘n posh kar. Sy vrou is gewoond aan oorsese vakansies en het meer juwele en skoene as wat die gemiddelde mens ooit sal van kan droom om te sien, wat van nog droom […]
Rugbytrots
Ons bly op ‘n besige hoek in Brakpan. ‘n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is ons nu al gewoond aan die […]
Vry wees (Verslaaf)
Vry wees (Verslaaf) Verslaaf, verslaaf, hoe, het ek hier beland? dis soos ‘n mens, totaal sonder enige verstand weer het ek my beheer, soos altyd verloor die duiwel en sy trawante lag vir my, oor en oor My binneste jubel,’n nuwe hoofstuk sou ek kon sê, ek is heel en in een stuk die spoke […]
Sonsak oomblikke
in die skadu’s van die Outeniqua het die son skaam in oker oor bergkranse gebloos terwyl wegkruipskadu’s pendule in apostelgelid onder die wind se penniefluitklanke van gisterdinge © Anzé Bezuidenhout https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/
Bosveldstilte deur Lynelle Clark
DAAR IS IETS WAT KENMERKEND is van die bosveldstilte wat jy nie ervaar op ander plekke nie. As gereelde kampers beleef ons dit dikwels. Dit is ‘n stilte wat jy voel tot in jou beendere en jou heel laat. Van die noorde tot die suide van die land is die bosveldstilte eiesoortig. Die stilte se […]
Naggedagtes
Wat is trane dan, meer gevoel as blote water en is hunkering net ’n dieper soort verlang? Hoe is hartbreek seerder as ’n wond wat klop? Dalk is skeiding iets anders as ’n duisend myl; is vrees die uiterste van bang. Ek vrees verliese. Ek vrees dit, dat jy weg sal gaan. Is heen en […]
Stilte
Stilte In stilte wagtend In stilte soekend In stilte treurend In stilte verlangend In stilte dansend In stilte liefdevol In stilte gelukkig In stilte vrede Daar in die stilte Sal jy my vind Daar in die stilte sal ek jou vind In stilte Sal ons siele mekaar omhels In stilte Sal ons mekaar vervul ©Lia […]