Ma se gebed
Ek hoor my naam in haar gebed, waar sy kniel voor haar bed, smeek sy by my Meester om te sorg want wat sal tog van my word. Vee sy ‘n traan af oor al die smart, kan sy nie maar in staan vir my part, so magteloos dog kragtig is haar woord, ‘Heer aan […]
Liefde loop op spore
Liefde loop op spore In Buitekantstraat 19 word daar vroeg gewikkel. Pa Doep het reeds die koolstoof aan die gang en die ou enamel ketel prut te heerlik. Sy eie brousel, self die pitte gedroog en gemaal vir ‘n verruklike smaak! Egte moerkoffie. Die siffie ook sy handewerk. Bloudraad gedraai in ‘n ring. Die sakkie […]
Kook en Geniet
Hubby het effens meer as dertig jaar gelede ’n Kook en Geniet kookboek/handboek/boek met prentjies-en-byskrifte, in my hand gestop. Sy oë was vol sterre en ek kan beslis nie meer onthou of dit voor of na die troue was nie. Die arme man was óf bekommerd dat hy nie gaan eet nie, óf hy het […]
Oupa, waar kom babas vandaan? Deur Lynelle Clark
“Jislaaik, het oupa daai drie gesien, vandag is ons op ‘n ‘winning streak’,” verbreek Hansie die stilte en Oupa kyk hom kwaai aan. Van pure opgewondenheid was die manne amper op aandag, asems opgehou en net ‘n sweempie van opgewondenheid. Lyk nie asof dit baie goed gaan met die spel nie dink Anna wanneer sy […]
kinders vasn kus
suid van riviere van kus bloei daar ‘n land met voorspoed kultuur gebonde godvresende volk oormag van liberale invloede laat struikel elke instelling verrotting vanuit kern leë sinnelose sentrum van binnegevegte waar mens nou middelpunt vorm op sy duin sit filosoof geborge geloof siniese oog kyk skerp maar nooit veroordelend uit woestyn se droë sand […]
Sondagmiddae saam met Pa en Ma
Sondagmiddae saam met Pa en Ma – deur Stephan Uys Wat is nou lekkerder as om op ʼn Sondagmiddag na kerk by Pa en Ma te gaan kuier? Voor die orrelpypies ons lewe oorvol kom maak het, was Sondagmiddae gedeel tussen ons liefdesnessie en my ouers se huis. Na die eerste doekvuilmaker se geboorte het […]
Grootman
Grootman. Twaalf jaar gelede het ons jou na die Laerskool gevat, jy het vars spore na die nuwe skoolsaal getrap. Man-alleen het jy voor in die saal gaan sit, terwyl Mamma ʼn traan pluk en ek ʼn paar keer hard moes sluk. Jy was jonk, klein en tinger, maar dit was gister! Vanoggend het ek […]
die klippe roep luid
in pakhuis lê opgevoude kartonne gebind met maskeerband doodstil lê die bokse geen geluid kom daaruit vreedsaam lyk dit op die oog af maar daarbinne lê verlore kinders dogtertjies en seuntjies gekaap om as slawe vir sekshandel te verhandel gesmoor met dwelms vir dertien uur uitgevoer soos vrag opgeveil soos vee vir altyd verlore vir […]
Joyride na die hel
Dis die dwelms in jou are wat jou psigose aanjaag soos rotte in kop aan jou breinselle knaag Wat onskuldig begin het as ń lynsny met ń pêl het ontaard in ń monster op ń joyride na die hel Eers jou vrou en kind en later jou werk ook kwyt Die weelde in jou huis […]
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]