Skilderdoek klonte
Swart koffie drup filter ink Swart vlekke wat in my siel insink Versuip en smeer Smeer die gedagtes en visioene Deurmekaar in kleur klonte op ‘n hoop, in ‘n hoek Met vuil vingers smeer dit op my skilderdoek Verf strepe buite die lyne Slordige spatsels van random verlange Leë siele lê rond in tente Voos […]
Flenter kompas
Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte ‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte In myself gekeer Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer Keer ek terug na die ou bouval Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel Nou ‘n ou […]
Stof-spiëel
Kerswas traan druppels brand my wange Rooi en seer strepe van verlange Wasem teen my spieël word stof…die droogheid van my siel Oë vol sand en ‘n baard wat brand Staar ek deur my spieël, dolosse in die Namib sand Waarheen reis ek en wat hou dit in? Waar is my skaduwee met drome? My […]
Wanneer ek stip
wanneer ek stip deur my hartsvenster kyk sien ek jou effe uit fokus staan jy daar en die nag om jou is ryk ryk aan onthou as jou mond gewasde woorde vorm wat halfmas my bereik ek proe nog jou lippe die soet die hunker in ons groet en die half’ belofte van ‘n weersien […]
offer
offer meet me at midnight in the forest of my dreams, we’ll make a fire and count the stars that shimmer above the trees – Christie Ann Martine as stilte kom en haar vind, teen die donker van haar skadukant en seer haar sny, soos die dolk, van self griewende smart staan sy alleen en […]
Soos papiervliegtuigies
Jy vou my Geduldig Hoek op hoek Versigtig Skeur jy stukkies weg Perfek Jy kyk na my Opgewonde Gooi jy my deur die lug Emosieloos Loop jy weg toe ek val Stukkend Los jy my daar Vergete
Die gedig is vir ouma
Die gediggie is vir ouma ek het ‘n nuwe ouma gekry en ek moet sê – ek is vrek lief vir haar elke keer as ek haar sien ontmoet ons vir die eerste keer alweer Die gediggie is vir ouma Al is ouma nou anders Onthou ek wie ouma was En weet ek dat ouma […]
Dit reën in emmers ….
yskoue winterwoorde drup sneeuvlokkies op my hart dit reën in potblou emmers en waterstrome bring koelte vir my smart
Bloed-voos
Kanker-vrot-vretende wortels van verwerping pluk stukke vleis uit my siel se seer Vertroue word verpletter en met bloedspatsels gesmyt op die grond neer Geroeste doringdraad lemme en stukke vleis peel uit die wond Waar die allesvretende vraat lag met ‘n bevlekte mond Iewers wapper ‘n flenter-voos selfbeeld soos ‘n plastiek sak aan ‘n doringtak Geloof, […]
‘n glas perdjie
‘n glas perdjie ek was lief ‘n kind verlief jou onskuld was myne my sonde was joune jou kruis was myne jou rykdom myne my skatte joune my liefde joune jou liefde myne deur jou woorde is ek gestreel deur jou aanraking is ek genees deur jou liefde gevoed deur jou glimlag verbly deur jou […]