gedagtes
waar ek teen berg opstap op eeue oue voetpaadtjie uitgetrap deur vele voete ruwe voete sonder skoene baie styl kronkelende roete hoog op teen blou kranse bo sit ek op oeroue rotse saam gesmelt in oer tye grof verweerde vulkaniet beskou ek vlakte verder suid van groot spelonken to ver teen wolkberge aan so leer […]
Die meisies sing weer
In die truspieël het daar vanoggend ’n skone lied kom speel. Aanvanklik het ek soos gewoonlik die draadloos op die radio-sonder-geld-stasie aangesit en die pad na die ander deel van die dorp, daar waar ons die geldjie verdien, sonder verwagting voortgesit. Maar, toe die ellelange relaas oor die nuwe president en sy bekwaamhede en persoonlike […]
Speeltyd is verby
Die ander Vrydag namiddag sit ek en vriend D’em oor ’n koue Germaanse bruisdrankie die dinge van die dag, die week en sommer wat ook al aan die orde is, en gesels. Dit is nogal eienaardig en steurend opvallend hoe die gesprekke deesdae doelbewus die politiek en die kerk en die ekonomie probeer systap. Een […]
Rockbottom (2018)
Dalk moet elke mens ‘n leë dam in die oë gaan kyk; een waarin vervloë se (nóú) naakte bome staan. ‘n Dam wat sonder asem is, waarin wit stof soos ‘n wasem is wat uit waterlose bodems van droë riviere slaan. Miskien moet elke mens kaalvoet teen ‘n wal afloop (een waarop jou spore in […]
tokkelflos
wonder woorde soos akkoorde maak my hart klop gee my weer skop aktuele sake alles uit-brake laat my koud maak my oud tokkelflos-baarde geskrop uit aarde soos droë koring land regop staan in my hand uithaal woorde soos akkoorde verplaas my gees na wêreld van lees in wye genade skryf ek in skade sodat ander […]
die laan
daar staan dubbel rye bome weerskante van ‘n grondpad baie dik en oue bloekombome omsoom daardie stokou pad daar het muilwa en ossewa eeue heen en weer getrek kom en gaan het hul beskadig nou en dan val daar een om verliefdes het hul name gekrap in ligte blou gladdevel stamme wat vandag nog duidelik […]
doen
golwe doen soms snaakse dinge dit volg op maanwendings groot en klein dans hulle stakato-golwe met wit skuim op kruin saggies trek hul wit skuim strepe oor wit strande skuim wat spoedig wegsak in vergetelheid net borrels lug dui lewe aan van onder lewe wat aansteeklik en vrolik lyk salig onbewus van heerlikheid stap fiks-bewuste […]
trouheid
liefde en wysheid het besluit om te trou groot was die samekoms vreugdevol was die gebeurtenis uit hulle huwelik is daar kinders gebore die oudste se naam was integriteit sy het deurgaans sukses bereik tweede was blymoedigheid hy was altyd vriendelik derde het kalmte gekom sy was altyd rustig en wys vierde en jongste was […]
Félicitations pour votre vie
op my duin daar is nie plek vir haat geen plek vir beuselagtigheid daar sweef gedagtes soos meeue beskou die diep blou see verleë alles wat ek daar sien gebeur die afgeronde jare in eeue lankal terug tot vandag wie jy was en is gedeë aangeslane goud miskien maar blink net onder jou vel waar […]
Water krisis in die Weskus
die Boemelaar se bordjie het altyd heel bedees gelees… ‘n bietjie kos, klere of ‘n week se werkie is welkom nuus uit die Weskus sê sommige restaurante weier kraan water aan hul klante en glo later in April is die water klaar die Boemelaar se bordjie gaan nou lees, gee tog net ‘n bietjie water […]