Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Sosiale kommentaar"(Bladsy 111)

laatnag se taksiegeluide soos dromme oor duineveld klink soos stemme van dooies wat optrek in stryd teen doderyk so klink stemme van oral op in land waar dromme slaan – vure brand opruiende toesprake regeer diep ondermaanse drang na vore tree in grynslag wat oor dae versprei maande se onteer respek is verloor vrees is […]

vervloek is jy met die witvel voetsek uit afrika met jou luide geskel en trompetgeskal motorfietse wat brul en rook voetsek jy wat alles kom omkrap dansende zombi gesigte staar weg is jy wat God hier beskerm brandende vuilgoed en bande voetsek witman en jou kind brullende barbaarse gesigte weg is jy wat ons soos […]

vader van die wind ook vader van die see maak golwe briesend kwaad maar soms kalm soos ‘n meer dieselfde vader van die land maak hoë berge imposant woud wat groei en blom wuiwende grasveld koel bergstrome water wat ook see toe spoel daar is net éen dit weet ek ©Teárlach

klokkespel van golwe diep in gedagte gedolwe sweef seemeeu oor my duin my hart staan stil by gesiggies vrolike laggies vol verwagting vir wat nuwe skooljaar bring party gelapte broekies staan skaam en koes kyke na kaalvoete wat skoene nie ken wat ontbyt net ruik wat smag na geluk van ‘n veilige huis smag na […]

Pruttelwoorde (Hoe bid jy?) Pruilmond prewel pruttelwoorde skaarsroerlippe se asemstem nagsag kramphande witgekneukel geboeë oor knieklap pyn worstel met die aanvoerwens gevolg deur sielsbetoog oor steunende psalmvers belofteruk en betraande oog droeë sluk dan laaste skynbedank voor slotgesang met neuriesug wat (hopenlik) God se aandag vang? © Grootvissie Januarie 2018

op ‘n saterdag aand is dit tyd vir vrolike musiek vrolike geselskap en rustigheid soms, egter raak dit te vroeg stil mense wat hard gewerk het slaap is daar nie eens wind wat suis selfs ou kiewiet raak tjoepstil golwe in laagwater klanke donker wolke weerkaats dag se hitte op aarde slaap lyk skielik nie […]

die baai is leeg vakansiegangers is oppad meeue vlieg verheugd rond in hulle noppies oor leë strand ek sit op my duin en peins oor vele gesprekke met kom-en-gaan almal se bestaan wat elkeen wil wanneer iemand begin leeg word leeg gegee stomp om te ontvang ©Teárlach

soos meeue geduldig wag op kos kos wat slegs nou en dan uitspoel lewendige organismes wat versteur uit hul skulp-huisies skarrel op strand so kan die mens ook wees met geduld dan sal almal gevoed, versadig raak maar mense raak gulsig selfsugtig wil alles gelyk uithaal, verorber handel dryf met kos van see raak see […]

in koelte van die aand rus ek op my spesiale duin dit staan oor die see en kyk lomerige hittestrome verdwyn sag in aand se koeler luggie golwe lê ver terug en laag lê rotse bloot met kleur skulpdiere skarrel agter water aan wat ver terug gaan staan spesiale tye tye van blydskap vriendskappe gesmee […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed