leeg
die baai is leeg
vakansiegangers is oppad
meeue vlieg verheugd rond
in hulle noppies oor leë strand
ek sit op my duin en peins
oor vele gesprekke
met kom-en-gaan
almal se bestaan
wat elkeen wil
wanneer iemand
begin leeg word
leeg gegee
stomp
om
te
ontvang
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.