twintig agtien
golwe van nuwe uitdaging spoel om my in nuwe jaar donker storms wil vergaar sal sonstrale vars lig bring stewige wind laat my staar sandkorrels waai lastig op albatros draai stadig sy kop onder verste ster – net daar wat kan jy my vertel fisant terwyl jy skrop en profeteer kom daar vrede vir ons […]
nuwe geluk
geluk is selde maklik mense is soms so naar wanneer kry jy klaar dan raak jy ongemaklik leer jy ook hoe swaar geen woord is absoluut kennis is nie altyd nuut dalk ook nie eens waar toe word ek ‘n rekruut van evangeliese woord en Hy maak alles nuut ©Teárlach
skets van my baai
Skets van my baai. Op my sit-duin is dit lekker rustig vanaand. Mense kom en gaan langs die onrustige see, wat hom regmaak vir ‘n nuwe crescendo van spring gety vannag. Heel dag al het hulle gekom en gegaan. So asof die see môre nie meer gaan bestaan. Elkeen met sy brakkie aan ‘n lyn […]
OUJAAR KRY SY LÊ
En so, sommer so half suutjies, het Oujaar sy lê gekry. G’n mens het dit sien kom nie, maar ewe skielik is dit soos ‘n stokou man wat sonder asem en blus is. Hoe op aarde? Dit kan mos nie wees nie, kan dit? Dit was maar anderdag wat hy soos ‘n jong kalf gebokspring […]
hasta la vista
ons praat in al ons tale praat oor onbenullighede om kwaliteit tyd om te kry families sien mekaar in liefde kinders besoek ouers getrou ideale jaareindes vlieg om dan kyk ons star na vore wat gaan nuwe jaar bring sal ons aangaan met ons lewe sal plaasmoorde heeltemal ophou sal ons paaie weer besaai lê […]
waar woorde
waar woorde nie kan gaan ontmoet jy stille vreugde onthou gedagtes deugde wandel siele in stille laan waar woorde nie kan gaan ontmoet eensaamheid rede onthou gedagtes net vrede wandel siele in stille laan waar woorde nie kan gaan ontmoet lewe sy tweeling onthou gedagtes ontbering wandel siele in stille laan waar woorde nie kan […]
stry om te stry
twee dae na Sy geboorte sê hulle twee dae NC of die datum reg is of die jaar reg is maak dit saak wie wil stry sal stry daar is altyd iets om oor te stry mense wat nie Sy Gees in hulle het sal altyd tyd vind om oor iets te stry solank hulle […]
kleuter hartjie
kinder hartjie klein en teer vra vir liefde meer en meer hoor jou stemtoon mamma voel jou vaste hande pappa kinder handjie klein en sag voel jou wanneer jy ook lag hoor die deernis in jou stem voel jou kwaad aan soos lem kinder lewentjie skoon op slyt skryf jy lewenswaardes daarop positief sodat jy […]