ver kyker
as vrolik olik was
sou daar baie trane wees
gesiggies wat lag in oë se prag
maak gesels oop in woorde van stroop
ver van die wysie bring jou naby aan vals
stugheid plaas druk op jou gesigspiere
dit maak jou vroeg oud en moeg
sou daar elke dag storms wees
sal see nie meer lekker wees
nou is daar kalmte
lieflike stilte
al juig
elke
brander
tot hoog
op strand
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Tearlach, Ek verstaan wat die vers vir my sê, en ek dink die sentimente daarin is universeel, tog voel dit vir my so effe hakerig (sonder vloei) asof 'n paar gedagtes bymekaar gesit is wat nie regtig verband hou nie. Die begin van die gedig, tot waar die see betrek word kan selfstandig werk. Miskien kan jy die volta (oorgang) effe uitbrei sodat die verwysing na die see metafories voorgestel word. Ek gaan probeer verduidelik wat ek wil sê sonder om te tegnies te raak. Die see, soos ek dit verstaan, verteenwoordig vir jou 'n sekere emosie, hetsy kabbelend raserig of sagte branders wat oor die sand opstoot. Ek ervaar dit is wat jy daardeur wil belig, maar die skielike oorgang van 'n beskrywing van die glimlag na die see ontbreek aan die nodige metaforiese voorbereiding. Maak dit vir jou sin? Gesels gerus in die inboksie met my as jy dink dit is nodig dat ons saam hieraan werk. Skryfgroete IM