Jongste aktiwiteit:

Bushalte

Alleen op die bankie
buskaartjie in die hand
toebroodjies in ’n papiersak
wag vir die bus

Baie busse kom nader
bly maar net nog sit
die banier straal dit uit
Verkeerde roete vir jou!

’n Bus kom hou stil
mense klim net uit
voor die deur vinnig sluit
Verkeerde kaartjie in die hand!

Die bankie word hard
kinders hardloop agter verby
nog ’n bus ry verby
Stop nie hier nie!

Ander mense kom sit
hul bus kom stop
hulle klim in
Stop op ’n ander plek!

Die son by twaalf verby
nie ’n enkele bus nie?
net aanhou wag en hoop
nêrens heen om te loop

©LLSJK – 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed