rol modelle
onder vals ligte op ‘n strand
skreeu ‘n groep musikante
hul gesing klink na geween
hul wysie gekners van tande
rondom wieg en wip tieners
in pseudo hipnose verdwaas
drank, dwelms en vrye dop
klere swaai en siele verraai
bo in hul dubbel luukse suite
sit en suip ouers vrolik dronk
gewetenloos oor kinders se heil
môre sal hul wonder en vloek
polisie-waens word vol gelaai
laai dikwels en maak selle vol
geroes-moes stinke brassery
geure gemeng in kotsendes
waar begin die stormwind waai
sal dit ooit omdraai en gaan lê
hoe kan ons bestaan so verderf
môre is ons weer netjies beskaaf
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.