Jongste aktiwiteit:

kadens

in koelte van die aand
rus ek op my spesiale duin
dit staan oor die see en kyk
lomerige hittestrome verdwyn
sag in aand se koeler luggie
golwe lê ver terug en laag
lê rotse bloot met kleur
skulpdiere skarrel
agter water aan
wat ver terug
gaan staan
spesiale tye
tye van blydskap
vriendskappe gesmee
hernude kennismaking
dan vertrek hulle weer
om binnelandse duur
te gaan opslurp
in magiese
kadens

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed