
saterdag blues
op ‘n saterdag aand
is dit tyd vir vrolike musiek
vrolike geselskap en rustigheid
soms, egter raak dit te vroeg stil
mense wat hard gewerk het slaap
is daar nie eens wind wat suis
selfs ou kiewiet raak tjoepstil
golwe in laagwater klanke
donker wolke weerkaats
dag se hitte op aarde
slaap lyk skielik
nie so aantreklik
selfs in kort wintersnag
soek my siel ‘n wysie
wat iets van jazz
na blues voel
roep hy na
uiting
vul
woorde
reëls vol
strofes
blues
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.