kale manewales
. na sterk winde laasnag lê baie skulpe en wortels oop my duin se gesig skoon verward waar ek sit of sweef is dit vreemd wat gister was, is vandag anders so ontbloot veranderinge mense met die besef van groot word kry mense die gevoel om ten toon te stel dames wil bates uitstal en […]
aanvaar
. gelate sit hulle op duine luister na winde wat verander elke dag is anders, meer om te aanvaar meer om net sonder teenstand te absorbeer dit maak mense wat met kop in die sand die weer wat oor hul waai ignoreer alles word aanvaar in blinde oorgawe aan die bose ontsag vir die keiser […]
openlike korrupsie ?
. oral oor die wêreld vibreer klanke van skok en gelukwense die vir trompie is geskok en kwaad die libbie-lobbies-baaiden vrinne juig en skreeu gelukwense so vibreer dit selfs hier in ons arme verlore staat van moeras al trompie se vyande juig en vier fees net bly dat hy dalk nie meer daar gaan wees […]
Siks
ons almal gis oor die lewe oor kanse, kerk en politiek hoe om kinders (reg) groot te maak en wat belangrik is vir elke saak ons wroeg van soggens tot saans speel skeidsregter en duiwelsadvokaat hou ons alwetend en vernaam en plaas graag op ander die blaam ons leen ons ore uit vir skindery sing […]
In ‘n neutedop
My hart voel leeg my woorde hol; kurkdroog en verdor soos ‘n leë neutedop. Vol leemtes en gate sielsverlate en ek net ‘n mens uitgeworpe aan die droë druppels ink wat aan die punt van my pen versteen … soos liefde vir iemand wat eens jou heelal was, maar vandag in die holte van ‘n […]
My Gebed vir ‘n Boer
PROJEK : GEBEDEBOEK VIR BOERE Hierdie projek het ten doel om die belangrikheid van die boer te beklemtoon en terselfdertyd fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die idee van die gebedeboek moet die boodskap dra dat die inwoners van Suid-Afrika omgee vir die boere en besorg is oor hul veiligheid. Die tema vir […]
Breiers Bpk
Ná die Staaldraad-fiasko, en die gekweste Bok-gees Enter Jake die toneel, ‘n man sonder vrees Met visie en styl transformeer hy die kamp Oor politieke inmenging wel koppe gestamp ‘n Knap mensbestuurder, die man vir die uur T’was voordat ambisie sy reputasie versuur Hoewel ook maar skuldig aan die stampkar geploeter Wag William Webb Ellis […]
Spasies
op speel grond groei gras sag vir kinder voete. kantoor spasies is optimal lugversorg vir kompetisie breine. fabriek ruimtes reuse in spasie vir staal fabrikate. koop sentrums gang vensters oop vir koop generasie. in loop plekke vier en twintig ure vir vergeet te korte. samekoms plekke kommunikasie kanale vir geraas selfone. stilte alleen in klein […]
Voete van klei
toe blyk jou voete ook maar mortel te wees jou tong vulkanies ‘n sluimerende spioen wat met geringste konkussie vurig lawa stook wonde skroei wat oor weerlose sielsletsels kors ©Driekie Grobler (2020)