TRONKBEWONERS
Ek het al ‘n vensterbank verprent geswem op verbode plekke vreemde lande besoek in die volmaan verdrink. Ek het al my ma se hand vasgehou toe nie een van ons woorde gehad het nie selfs my vryheid prysgegee uitbundig gelag tot die trane spat ‘n vriendin begrawe ‘n baba aan die slaap gesing my hond […]
SLOTSOM (goud)
Dis ‘n andersom man wat haar hand houvas ‘n onweestaanbare vreemdeling wat in haar bed ontwaak dis háár mens – hy lyk bekend ruik soos kombuis en badkamer hy leef al lank hier met sy onbekende lyf in haar vervreemde spasies soms pas hy haar op soms jaag hy alles weg soms is sy óf […]
dagdroom
. oor my duin hang daar reuke ontbyt oor die vlamme heel dag bly dit so sweef van spek tot wors en tjops hier en daar reuk van visbraai snoek loop mos nou al ‘n week werk vir die vissermanne werk vir skoonmakers inkomste vir eienaars rus en geluk vir vakansiegangers wat ‘n voorreg om […]
trilogie van woorde
. het jy of het jy nie eienskappe om leier te wees die durf om nie om te draai nie jou rug styf te maak sonder vrees . kan jy berge versit in geloof staan jou morele waardes onwrikbaar ondeurdringbaar in jou vesting van geloof verstaan jou familie en vriende jou in eerbiedige respek . […]
sout van die aarde
. kortomdraai se mense was nog altyd inkennig eensaam nie baie mense het die voorreg gehad om vriende daar te wees of te kuier nie maar as iemand in die moeilikheid beland sal jy hulle altyd eerste daar ontmoet reeds bereid en besig om te help eerlike mense – soms hard en reguit eerlik, sonder […]
Straat Glimlag
vriendelikheid lê op straat lippe plooi rooi tande flits wit oë staar op ń ander plek. glim is ingekeer op eie oorlewing sin swart vrydag lag in die gemene bes. eie oë sluit vir advertensie gelag dié oorlewings drang as vals verdoem.
Tatoos, Tawwe Tienies en Teddiebere Silwer 474 woorde
My teddiebeer. Dit is wat ek my 6 voet 6 reus noem. Koop mos die anderdag vir hom ‘n BMW 1200cc motorfiets. “Midlife crisis”, spot sy dogter uit Engeland en lees hom die leviete voor. Hy swaai sy been oor die rooi sitplek van die motorfiets. “Ek moet ontslae raak van hierdie boep as ek […]
Uitgeput (BRONS)
Uitgeput Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn: daardie vaag omskrewe plek – nóg skouer, nóg nek. Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn en peinsend probeer peil wat presies haar só opkeil. Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn. Want het beide van ons nie tog maar geweet nie: verlange is geensins ‘n oppervlakkige skeet nie. […]
ontlaai of aflaai
. na harde winter begin my duin verander mense kom en gaan meer dikwels moeë mense wat hul frustrasies en bagasie hier by die wye see kom ontlaai en aflaai so werk die digter se hart ook soms begin jy vars en kry jou gedagtes vorm en skryf jy ongestoord kan jy nie vinnig genoeg […]