trilogie van woorde
.
het jy of het jy nie
eienskappe om leier te wees
die durf om nie om te draai nie
jou rug styf te maak
sonder vrees
.
kan jy berge versit in geloof
staan jou morele waardes onwrikbaar
ondeurdringbaar in jou vesting van geloof
verstaan jou familie en vriende
jou in eerbiedige respek
.
val jy in hierdie geykte vorm
jou verlede onverbloem met waarheid
jou woorde min maar altyd baie kragtig
mag jy dalk die gesalfde wees of word
wat jou volk uit verslawing moet lei
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.