My veilige vesting (Himne) (BRONS)
In die skuilte van die Allerhoogste
vind ek my vreugde en rus
vlei my neer in Sy groen velde
en versadig my aan Sy genade.
Soos ‘n ribbok klim ek berge
selfs oor skeure en hoogtes
en wanneer ek deur vuur gaan
lei Hy my ongeskonde.
Hy hou my voete op die regte pad
vermaan my teen dié wat my
wil vermink en skaad.
By Hom is ek altyd veilig
en verseker van ʼn lewe
selfs na die dood.
©Driekie Grobler (2020)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek