Dis weer lente in die Laeveld…
Hierso, tussen nuwe lewe en oorstelpend-mooie niks wonder ‘n mens soms somber waarom hierdie wêreld so holderstebolder is… …onder die skadukol van ‘n kameeldoring het ‘n sebravul na sonop haar eerste asemteug geneem waar sy japtrappies later loop-en-val in strompelgang teen haar trotse ma kon steun ‘n entjie verder langs die voetpad wat na die […]
Brille, pille en sonbesies
Dis ‘n tyd al dat ek wonder oor skete en grille en hande vol pille wat eendag ongenooid aan mý deur mag klop… …my ore hoor lankal net wat hulle wil as my stilte versteur word verdoof my binneoor stil-stil. Teen die wasige woorde van my storieboek het ek my blind gestaar tot ek later, […]
sirkel
– soos ons weerpatrone seisoenaal in sirkels rondskuif so skuif mag in die hande van nasies magtige nasies soos die romeine karthagiërs en supermoondhede eers bou die mag op tot hoogste dan verval dit jammerlik – soos gewoontes en kulture deur die eeue wisselend verander gemaal en verskeur deur allerlei invloede eens heilige idees van […]
Beplan
jong bokke dans oor die vrye veld onbewus van gifstrikke die kamp beheer strukture net motivering om deur te breek weiding lê op lessenaar samenhangend tussen grond en papier is die beheer drade beplan ou bok voorsien net skade die bokkies is honger papier planne word vasgepen die waaiende grasveld nou afgekamp agter staal doringdraad […]
verbrokkel
– wanneer ouderdom die veneer van hoogmoed begin aanval en krake verskyn kom die ewige verskonings in aanvalle tevoorskyn – valse trotsheid oor rykdom en eer wat ander besmeer het met armoede en seer is ‘n kanker vanself – die jare wat tel is die oudword-jare voor deure van die hel trotsheid verbrokkel en word […]
boude en blaaie
– skraal is hy, maar ses voet ses staan hy stadig op van sy knieë die rooibok oor sy skouers gebind so stap hy teen die rante af tot waar sy waentjie staan niks van bakkie-jag vir hom niks van hande wat moet dra niks van rituele en disrespek vol deernis vir skepping van God […]
wys
– tussen fynbos en duine verdwaal my siel soms baie erg verstaan ek nie altyd waarheen my lewenspad my neem nie – tussen droë sand en blomme verwaaide gedagtes van weleer verval ek soms in die verlede en oordeel ek opnuut – tussen wysheid en verdwaas wees lê daar ‘n ewigheid van onvergenoegdheid om die […]