veronderstelling
– “The only value of the statement: “I assume..” is that it makes an ass out of you and me!” – vir die massa is veronderstelling hulle eenvoudige antwoord tot uitdagings hulle veronderstel dat alle “mense” en “on-mense” almal van nature goed en empaties ingestel is – ongelukkig is hulle veronderstelling so ver van die […]
pre-skepping-se-draak(ula)
– grommend altyd drommend stormend soos impis in die nag krysende gegil met boosheid gevul sluipende duister en onheil skerp gemaak deur haat gevul uit eeue se mensword-pyn uit skepping se nagmerrie droom gekruip altyd daar in elke donker en kwaad put genot uit mens se pynlike lot geen emosie groter as genot geen gewete […]
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo dat die vlees die onafwendbare sal oorheers metdat die gees totaal ontkennend (in ‘n verslawingswaan) veglustig baklei téén die minimale moontlikheid en hoë onwaarskynlikheid dat hy by volle magte is om ‘n selfopgelegde doodstraf met kortsig te durf betwis. © Loretta Szikra
DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
si mendacium est veritas
– feite word geite wanneer leuen plek verruil met die ware waarheids woorde binne in hierdie wêreld van geweld waar nasies ander nasies gebruik om hul nuutste wapens te toets is daar geen vrede meer oor slegs hond eet hond – norme word verweerde flos alles wat nasietrots gebind het verwas in malle wêreldse gekots […]
weë
– wie weet wie weet waarheen wie weet waarheen die weg wie weet waarheen die weg lei die weë van die lewe is so onvoorspelbaar waar jy vandag gebore word, en môre eindig is meestal onbekend en soms onbemind wie wil die toekoms kan voorspel weet wat jy oormôre gaan wees hoe droog en onvrugbaar […]
In hierdie donker bos is die duiwel los
toe gebroedsels van wyses en dwases verbind is vae antwoorde gegee maar geen vrae is gevind in die ruigtes van harsings waar intelligensie ontbind het slinkse jakkals se tande die slagaar gevind in die ruigwoud waar geeste van ryk armes dwaal het ʼn nagvoël van onheil sy gesteelde fluit uitgehaal ‘n klaaglied gespeel op dodemars […]
era(ata)
– by afsterwe onthou ons mooi woorde en koekies en tee ai die onthou wat alles terugbring die einde van ‘n koninklike era die begin van onstuimige tyd en nuwe koning gekroon op drie en sewentig sonder ervaring van ware lewe – wat onthou ons dan nog die konsentrasie kampe en dood dertig duisend vroue […]
sneeu
– teen matroosberg lê die sneeu skapies se ruens steek net uit skaapwagter se stem roep luid sekerlik die diepste van die eeu – die een se brood is die ander se dood – ©Teãrlach