Silwer- Limiriek
Klein Sannie Verwey van oom Joep Hoor glad nie toe mamma haar roep Verstringel sy Jannie se hare Haar vingers vol moerbeibos blare Nou wieg sy die kind op die stoep
Silwer- Limiriek
Daar was eendag ‘n delwer uit Bloem Wat graag elke meisie wou soen Hy misgis hom met Let Beland in die bed Nou moet hy maar tuiswerkies doen
HERRIE OOR PRINS HARRY
(Brons) Die arme stomme prins Harry verlei, gevry deur ’n mêrrie die wêreld gons nou: het sy hom laat vou, of is als ’n fop nuus hêrrie? ©HMellet
Mooi
Mooi ‘n Suksesvolle skets hang (swaar) af van waar sy buitelyne lê. En al lê ons lyne nou lelik gegiet in swart hét jy eens my hart se mooi, sag omvou. Ek helaas hang steeds hopeloos te swaar aan jou lyne vir my mooi. ©ASvdMerwe
Onaangeraakd
Onaangeraakd Voel jy my ontblote siel se diepslaapdroomgevoel? Kon dit maar skroomloos, minder broos, boomreikend beur oor blou-vêr heen en poog om ongesproke spreuke vas te vat om aan ons grense te verleen. Want my hart smag die holte van jou palm. Maar daar is spasies wat tussen ons talm: tegelyk tasbare storm en kalm’. […]
NSRI (Silwer)
Ek het gedog jy was my reddingsboei, of my rubber duck, maar jy’t gesê ek moes bly stoei, ek sien verkeerd – die water is vlak: Ek moes in die arms van die stingray bly, stekie vir stekie se stadige dood bly ly, myself en wie verkul, want al is sy aard ook hoe, kan […]
‘n Ma se hart
My kind … jou optrede en woorde skif soos kaf in die wind een oomblik sag soos satyn dan weer druppend van venyn kneeswoorde en dade (hier en daar, deur die jare) wat seer letsels laat my oog sien wat ander nie kan my oor hoor wat ander nie verstaan getrou gee jy elke jaar […]
veg of versoen
met draai van die wind het onweerswolke dreigend hul weg deur hierdie land gevind van alle kante donder en blits weerbarstige opstandigheid deur onreg en onmin aangehits talle voorsprake van doemprofete het rigtingloos verwarring gesaai hul dwase doel, laat heilig deur die middele midde in hierdie verwoestende storm wik en weeg ‘n kwesbare volk oor […]
liefdesverraad
liefdesverraad ek het vir jou ‘n roos gepluk uit die blomtuin van my hart sorgvuldig het ek dit gevoed met die trane van my smart elke druppel het ek bakkieshand versigtig opgevang om oor die bloedrooi Judasroos se kelke te kan hang in jou uitgestrekte hande het ek die roos geplaas jy die hartsverraaier en […]
MAMMON-LIEFDE
mammon-liefde as ek jou warm in my armkring vasklem hoor ek klingelende klokkies in my oor as jy klankloos kreun met stil sagte stem dink ek dit is ek wat jou so mateloos bekoor min wetend van skuilende storm wat broei in jou hart waar die liefde goud-deurvlam stadig maar seker soos ons liefde groei […]