MAMMON-LIEFDE
mammon-liefde
as ek jou warm in my armkring vasklem
hoor ek klingelende klokkies in my oor
as jy klankloos kreun met stil sagte stem
dink ek dit is ek wat jou so mateloos bekoor
min wetend van skuilende storm wat broei
in jou hart waar die liefde goud-deurvlam
stadig maar seker soos ons liefde groei
onbewus van hartseer wat hier sal uitstam
as ons voor kansel trou beloof in eed
die ewig trou en liefde wat ons ervaar
het jy reeds die doel voor oë geweet
hier sal jy die kleine goudmyn kom baar
soos die haan drie maal kon kraai
en ek in die nag oor verraad ween
het jy besluit jy sou my so verraai
gebroke gestroop al wat oorbly: ek alleen …
©Marlene Erasmus
23/01/2020
*internet prentjie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek