veg of versoen
met draai van die wind
het onweerswolke dreigend
hul weg deur hierdie land gevind
van alle kante donder en blits
weerbarstige opstandigheid
deur onreg en onmin aangehits
talle voorsprake van doemprofete
het rigtingloos verwarring gesaai
hul dwase doel, laat heilig deur die middele
midde in hierdie verwoestende storm
wik en weeg ‘n kwesbare volk
oor gepaste wetlikheid van doel en norm
met hande willoos afgekap
sambreel gemoedere pynlik in felle stryd
wroegend oor die volgende wyse stap
wat staan ons te doen
moet ons veg
of hand uitsteek en versoen
net God’s genadereën
kan wind en storms tem
weer terugbring; sonskyn en seën
©Driekie Grobler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.