GOUE PÊRELS
Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai. Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur geblus. Stroopsoet, stil is die nag […]
Onthou om te huppel
(goud) Huppel over berge en heuwels volg die kronkelpaadjies wat oor veld en vlaktes vurk en hurk langs die spikkeleier van ’n bloukraanvoël. Kyk, dit lê op barre aarde tussen klippertjies en gras. Skulp die kuiken van ’n kolgans in die holte van jou palms vas voel hoe sag voel veredons as jou vingers daaroor […]
Rookkomberse
As rooiskeut wolke klaar kurktrekke stoot, skyn die gedoogde son se geel lutteloog bo-op die bergpiek. En dié organgsnote van jou gesig skerm in die lug. Omdat jou liggaam het as ñ elektriese sondeel die poolhemel binnegedring, en onsaggewende gordels en gordyn geelgroen lig laat dans deur ñ sterrehemel wat met kosmiese ritme boë vorm. […]
Bismarck, die Rottweiler
Ek en Isak het mekaar ontmoet op die 14de April 2017. Vandaar af was ons lewe gevul met die goeie en die nie so goeie tye. Ons het ook al ‘n sak sout of twee opgeeet in die kort tyd. Dinge wat ons goed geskaaf het sodat ons nog bymekaar is. Dit is al ‘n […]
My kleivlerke
vandag wil ek my kleivlerke sprei op die klanke van Mendelssohn tot verby die Jordaanrivier om daar ‘n olyftak te soek wat nuwe drome sal bring my voete sal kwartelspore maak op Vivaldi se vier seisoene wat dool op die wind sweef op die groenduif se vlerk ‘n sfeer van voldoening laat kring dartels van […]
Pappa, koffie – is dit ʼn Dreyer ding!
“Pappa, vanoggend terwyl ek so besig is om my moerkoffie in my dompelkoffiepot voor te berei, sien ek jou gesig skielik duidelik voor my. Jou leeragtige, songebruinde, geplooide gesig, jou flets blou oë, laggend. Ek sien hoe jy my vraend aankyk. So met ʼn vraagteken in jou oë. Ek besef dat daardie vraagteken die vraag […]
November, die nuwe September
November die nuwe September Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën November se druppels val op my soos n seën Die warm wind maak dit beter Ek voel die verskil, vir seker. Soos n natgereënde hoender staan ek in die reën My voete staan enkel diep in modder My bak hande vang die […]