2020 Perspektief
📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van ‘n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar. 👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor […]
Dans asof niemand kyk nie.
DESEMBER 2019 PROJEK – DANS ASOF NIEMAND KYK NIE Rubriek Deur Marlene Erasmus ʼn Baie ou bekende gesegde lui so: “Dans asof niemand kyk nie, gee liefde asof jy nog nooit seergekry het nie en sing asof niemand jou hoor nie.” Ten laaste ook: “Leef asof dit hemel op aarde is …” Woorde wat so […]
dans van lewe
BRONS dans van lewe suutjies sag in stille afhanklikheid nie onderhewig van omstandigheid dartel-dans ek op maat van vreugde goddelik geskape – ʼn vrou van deugde soos vurig kandelaar van ouds gevul met lewend vloeistof in Sy glorie gehul so vlinderdans ek met my lamp vol olie skyn geen glim of glans van melancholie vinkervlerk […]
Ongetemde Sonkring
onder vlerkgeklap (‘n engel s’ n) staar jy wanhopig na raaisels in die spieël opsoek na nuwe stukke om die verweerde brokkels van ‘n legkaart (weereens) te maak pas want, deur onheil en smart van nóg ‘n stroewe jaar het selfs jou skadu soek geraak in die swart leemtes van jou ongetemdheid wat roekeloos op […]
soetheid
soos nektar glip dit oor my lippe proe die ronde smaak van ou wyn gepers en getrap in ou pars trôe waar wyn maak soos tradisies lyn wingerde teen rooi en geel bulte dra swaar aan eindelose hangers kratte vol trosse bars uit hul nate gepluk en vervoer in bulk houers langs die gereg van […]
Koggelroep
die son het my gekoggel terwyl sy strale verblindend asof tussen glasskerwe kaats en elke slukkie windasem word gesteel onder ‘n Mopani wou ek gaan sit maar die wind het my vel geskroei onwillekeurig het my voete pad gevat opsoek na ‘n dowe plek sonder ‘n koggelroep dit was egter eers deur die donker skadu’s […]
Versteende woud
Dit is vriesend koud, Tanya is in ‘n sneltrein van Sint Petersburg oppad na Moskou se grootste danskool. Sy sit by die venster en kyk hoe die sneeu buite val, dit is vir haar so mooi ‘n sprokiesagtige toneel. Haar toekoms lyk belowend, sy is geskies om deel te neem aan die grootse dans groep […]
Die dans . . .
Bome voer hul wilde dans uit buig dan in eerbied laag by die besef wind gaan die reën vooruit in afwagting swaai en draai hul in op wind se maat luister na die veraf stemme van donderweer se kind hy roep nie lank wind wink nog ʼn keer gehoorsaam begin die druppels val en val […]
Dans van dankbaarheid . . .
Nelmarie van Greunen raak stadig wakker. Sy is half deur die blare. Hoekom voel dit asof sy iets moet onthou. ‘n Diep frons ontsier haar pragtige gelaat. ‘n Voorval of gebeurtenis wat haar die vorige dag baie ontstel het. Dan slaan dit haar soos ‘n voorhamer tussen die oë – haar vriend wat sy al […]
Wanneer dit stil word . . . en sy dans
Wanneer dit stil word jou voete nie meer kan weg hardloop van die gemis in jou hart Wanneer dit stil word niemand meer met jou praat hoor jy net nog die stemme van gister in jou hart Wanneer dit stil word daar niks is om jou meer te verlaat klem jy vas aan die herinnering […]