Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: 2020 Perspektief

Deur Lynelle
Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 Aantal woorde: 345 510 Kere gelees 10

📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van ‘n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar.
👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor dit is nou mee gedeel en die tyd om vorentoe beweeg ‘n feit. Ek voel meer gefokus om my drome te bereik. Van 2019 het ek geleer wat om te los en wat my besig hou maar nie noodwendig my bevorder het nie. Ek het rondgeskarrel als vir behoud en oorlewing – en dit was als ‘n gejaag na wind. In 2019 het ek my waarde weer besef en in die proses my selfvertroue terug gekry. Ek het weer die woord “nee” ontdek.
🏜Die laaste 10 jaar was ‘n wildernis tydperk waar ek rond geploeter het en heelwat wonde en rowe opgedoen het. Ek het foute gemaak en tussen die peule beland. Ek was deur die wereld geweeg en te lig bevind. Dit doen iets aan jou as mens en as vrou.
👠💍👑Toe Vader my weer roep, het Hy ‘n nuwe ring aan my vinger gesit, en ‘n nuwe kleed gee en my skaamte weggevat; toe het ek geweet my tweede kans sal baie anders wees.
Hierdie nuwe blad is reg vir nuwe dinge. Nuwe belewenisse. Maar bowenal ‘n tyd van vrug dra. Van leef vir die regte redes. ‘n Tyd om myself ten volle uit te leef sonder om jammer te wees of weg te kruip. Tyd vir terug staan is verby.
Mag hierdie jaar vir elkeen van my vriende die begin van iets nuuts wees. Mag Vader se guns jou vooruitgaan en jou vul met ‘n nuwe waardering vir Sy wereld, die natuur en die koninkryk. Mag sy liefde jou vul, voed en versterk.
🎁’n Voorspoedige 2020 aan elkeen wat my lewe deel en die wat my ken op die sosiale netwerk. Mag jul pad oop en sonder struikeling voor jul le. Pak die jaar met nuwe ywer aan en wees geseend.
📖Jer 43.19
Lynelle




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 76
Kommentaar telling: 20

Ek is 'n voltydse skrywer, blogger en vryskut skrywer. In my vrye tyd doen ek vertalings vir YouVersion Bybeltoep. Ek het my eerste boek in 2012 gepubliseer, daarna het nog boeke gevolg. Ek hou nie daarvan om myself te beperk tot een genre nie, en skryf oor als wat my interesseer. Ek skryf meestal in Engels maar geniet ook om myself in Afrikaans uit te druk. Boeke uit my pen is 1. A Pirate's Wife, geskiedkundige romanse. 2. Bella's Choice, eietydse roman. 3. Blood Mines, toekomstige spanningsverhaal. 4. GedagteKringe, 'n Afrikaanse Bundel, gevul met artikels, kort stories en staaltjies uit my lewe. 5. Juweel van die Oosgrens sal eersdaags beskikbaar wees en is 'n historiese roman. 6. Love at War is 'n geestelike drama wat handel oor keuses en die nagevolge van die keuses. 'n Christelike militêre romanse. My boeke is beskikbaar by Amazon, Smashwords, Webnovel, Ns. Skrywershuis, Groep 7 Drukkers en by my webwerf. Ek het ook help skryf aan Worthy to be Loved - 'n Geestelike dagstuk boek saam met Driekie Grobler, Spore van Genade - 'n Liefdadigheidsprojek saam met Alta van Zyl en Kontreistories - in samewerking met SA Skrywers en Elsabe de Beer. Ek hou van nuwe uitdagings en is gereeld besig om my skryfkuns te beoefen. Om meer van my te leer besoek gerus my webwerf kreativcollectiv.com.  

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 136 gaste aanlyn

Bydraes – Argief