Augustus 2017 – As seisoene vir ons draai projek
Hierdie maand se opdrag lyk soos volg: Digters: Skryf ‘n gedig, nie langer as 12 lyne nie, met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ Die tema hoef glad nie jou titel te wees nie maar moet slegs gebruik word om jou gedig tematies te dryf. Jy sal ook ekstra krediet kry vir die gebruik […]
‘n Amper Klou en Byt Afskeid
Ek hardloop die trappies af agter hom aan. Ek kan nie dat die liefde van my lewe sommer net so weggaan nie. Die simpel gat in die sypaadjie wat ons al lankal moes toegemaak het stop my deur amper my enkel te breek. Ek kom swetsend tot stilstand en kyk op. My enkel klop; ek […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Die lig in die donker
Kom ry saam met my oor die groot Gariep oor die onsigbare diep rivier deur die mis wat wit bo die water rus in die donkerste uur ~ net voor drie verby die plek waar die maan so gloei verby die fontein waaroor die maan so bloei verby die silwer dam en die bloekomboom onder […]
Wenners -Julie FAK PROJEK
Baie geluk aan die volgende lede Gedigte: Eerste: Lorettas Szikra met Die hiefel en die fiefel (en gekriewel) Tweede: Viooltjie met Die kammalandse tannie Derde: Anze met flankeer gedagtes Eervolle vermelding: Mariska Labuschagne met Sing jy van blommen EN Viooltjie met Sing jy (maar) van blomme* … (ek sing van vuur) Ek moet sê, alhoewel […]