Jongste aktiwiteit:

Vir Katrein

Vir Katrein

Hierdie reis kon sy nie keer
met haar vlerke trillend oopgestrek
om die wieke van ‘n noordewind te vang
hang sy halflyf aan
haar spasies en ruimtes
wat heelal om alles en almal.

Met wilde woorde wat
wakker lê in haar mond
(om nimmermeer tot stof te keer)
flap sy vere uit Walhalla —
nog nooit was sy ‘n boorling
van dié panoramiese kosmos.

Haar aandster se goue glans
glinster om elke ween en lag
t-y-d-l-o-o-s
wil sy vlerksleep
deur dimensies van Eden;
verby haar gisters
tot by vandag se môre.

Hier waar sy staan vol stiltes
en staar oor die blou van die ewenaar
weet
sy
verseker
dat haar greep verder moet strek as haar gryp
om die wieke van haar wind ook te vang.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed