Herfshart
Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]
Bloedmaan en blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordag uur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (neffe môrester wat flikkers gooi) en dat […]
Gabriel se lied
Sy kyk hoe hy wegstap (die wind uit haar asem slaan) ‘n hele orkaan tonnel om hulle: grys verkleur na wít die heem’le gil sag terwyl Gabriel sy vingers oor ‘n harp streel. “Hoor my lied elke woord is uit suiwer goud gegiet.” Sy sien hoe haar hel transformeer toe hy, herlaas omdraai; lank na […]
‘n Vinnige versie (2)
hoe is dit dat duiwe so flikkervlerk kan gly oor die dakke hier in Brackenfell en by die blouberge verby die mis waai van die see af in om tussen straatligte te hang . . . hoe is dit dan dat ek vroegaand so véél na jou verlang © C. Shaw 26 Oktober 2016
WENNERS – SA Vryskut kompetisie
Die oomblik waarvoor almal gewag het. E-pos soos ontvang van SA-Vryskutskrywer: Sjoe! Dit was nou regtig nie ‘n maklike taak om ‘n wenner te kies nie. Veral met die gedigte is bykans álmal wenners! Na vele wik en week het ek dus uiteindelik besluit op Sandra du Toit se kortverhaal – OM TE VERGEWE en […]
Ek laat weet jou net (2)
Ek laat weet jou net (2) Dis kwart oor agt op ‘n Saterdag. Die son gooi haar vlam deur kareewilgertakke, teen rooi siersteenmure en omber* teëldakke. Die son strooi haar lig deur winterwit wasem. Dis vroeg in die oggend – die Boland haal asem … © Carma Shaw 20 Mei 2016 *omber – ‘n pigment, […]
Wederkoms .
ek kom weer as dit lente in jou Kaap is op ‘n dag wat dit sag oor wingerd reën en ‘n koor van duisende oggendvoëls jou nuwe dag met môrelied’re seën wanneer Karoobos ‘n bietjie minder vaal is en jou Tankwa haar kleureskouspel kry die wagter sy skape bymekaar maak en hul weer na stille […]
‘n (on)waarskynlikheid
Soms sal ek op strande loop, oor rotse klouter en op klippe trap, met ‘n stokkie in vlak waterpoele krap. Dalk vind ek daar ‘n klipvissie – deur ebgety gelaat. Maar eintlik soek ek net na die sterre van die see, wat sonder skyn – in onderdompeling – my immer tot verwond’ring bring. * Miskien […]
Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]